Met die konstante veranderinge en uitdagings wat vandag se jeug in die gesig staar lei ons by Fresh Namibia ‘n radikale beweging om jongmense tussen 12 en 18 jaar oud to inspireer en te help op hul pad.
Min jongmense word deur die kerk bereik wat tot gevolg het dat baie nognie die Evangelie van Jesus Christus gehoor het nie. Ons doel is om nie alleen jongmense te vertel en te dissipel nie, maar verhoudings te bou en hul te wys wat dit beteken om ‘n volgeling van Jesus te wees.
As die kerk kinders nie bereik terwyl hul nog jonk is nie gaan ons hierdie generasie verloor.
Om hierdie rede is Fresh Seven gebore. Ons bedien 7 Windhoek laerskole op ‘n weeklikse basis waar ongeveer 800 Graad 7’s bereik word. Op hoërskool vlak help ons jongmense om kleingroepe te begin en dan self hulle portuurgroep te lei en ondersteun op hul geloofspad.