aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

KEUSES: VAS & GEBED

vas_1.jpeg

Ons is nou in 'n tyd van die jaar waar alles wat 'n gejaag was, skielik rustiger word. Die planne verander nou van: "Hoe oorleef ons die jaar met al sy dinge?", na: "Waar en wanneer en vir hoe lank gaan ons vakansie hou?".

Deur ons lewens, is daar 'n gejaag na wind, en ook rustiger tye waar ons stil kan sit en net aan niks dink of waar niks ons bekommer nie. Deur altwee hierdie tye - Gejaag en rustig, is daar 'n klomp keuses wat vir ons wag om gemaak te word.

Deur te vas en te bid is hoe ons hierdie keuses van ons moet benader. Ongelukkig vergeet ons soms om te vas, of selfs om te bid as die lewe besig is om met ons weg te hardloop...

Maar ons sal moet besef dat dit belangrik is in ons lewens as volgers van Christus. Hy het nie verniet vir ons kom leer hoe om te vas en hoe om te bid nie. Hy het met 'n doel dié goed vir ons kom leer.

Sodat ons keuses in God gerig kan wees... Sodat dit wat ons beplan wortel in die Woord van die Here kan skiet en dat dit wat ons doen in Sy wil gedoen kan wees.

vas_2.jpeg

Ons wil graag 'n lewende, intieme verhouding met God hê.

Ons wil op God vertrou en op Hom staat maak, in die lekker en maklike tye, asook in die moelike tye.

Ons wil God ken en vir Hom lewe.

Ons wil in die wil van God lewe.

Ons kan in die wil van die Here lewe en Hom leer ken en 'n verhouding met Hom bou deur die Bybel te lees, en dan natuurlik deur om te bid.

Lees Matteus 6:1-18 saam deur.

vas_3.jpegvas_4.jpegvas_5.jpegvas_6.jpeg

Noem 3 goed wat vir jou in hierdie teks gedeelte uit staan.

Sien julle dat Jesus oor "gee, bid en vas" praat met 'n verwagting dat Sy volgers dit gaan doen?

Is ons besig om volgens hierdie maatstaf te lewe?

Kom ons praat oor VAS.

vas_7.jpegvas_8.jpegvas_9.jpegvas_10.jpegvas_11.jpeg

Lees die volgende teks gedeeltes saam deur, en bespreek dan wat jy hoor.

vas_12.jpegvas_13.jpegvas_14.jpegvas_15.jpegvas_17.jpeg

Hoekom dink julle was dit so belangrik vir gelowiges om te vas?

 

Dink julle dit is steeds belangrik vir gelowiges vandag om te vas?

Bespreek die vraag met mekaar.

vas_18.jpeg

Daar is klomp verskillende vasse en die tyd word deur die Heilige Gees bepaal, of deur die omstandighede.

Vas kan van alle kos wees, of 'n "gedeeltelike vas" kan van 'n sekere ete wees, of van 'n seker kos soort of groep.

Moses het geen kos geëet nie vir 40 dae voor hy die 10 gebooie gekry het.

Jesus het geen kos geëet nie vir 40 dae voor Sy bediening begin het.

Daniël het net groente geëet todat die tyd gekom het om homself te bewys aan die koning.

Die vraag is: "Vir wat vas ons?" en "Hoe vas ons?".

vas_19.jpeg

vas_20.jpeg

Dalk is daar 'n familie krises wat net God uit kan sorteer, of 'n vriend wat 'n rowe lewe leef wat rigting nodig het, of 'n kind wat siek is of iemand wat sukkel. Daar kan 'n klomp redes wees waarvoor ons kan vas. 

As jy nie weet waarvoor jy kan vas nie, stel ek voor om vir jou verhouding met die Here en 'n verdieping in jou geestelike lewe met God te vas.

Vas gaan oor toewyding aan die Here. Dit is vir Sy glorie en vir Sy wil wat ons vas. 

Wat jy vas moet jy self bepaal. Dalk wil jy intensief gaan en alle kosse vir 'n week te vas.

Of as dit alles nog baie nuut is vir jou, vas van iets wat jy dink jy nodig het, soos koffie, of suiker, of eet net groente of drink net sap. 

As mediese probleme dit nie toelaat om kos te vas nie, vas dan iets waarvan jy afhanklik geraak het, soos "Social Media", of iets waaraan jy baie tyd spandeer, en vervang die tyd wat jy daaraan sou spandeur met gebed.

vas_21.jpeg

Laat toe dat die Here vir jou in jou hart wys vir wat jy moet vas, en vas daarvoor. Bid daaroor en vertrou dat die Here se wil sal geskiet. Gebruik die voorbeeld van Jesus se leering oor hoe om te bid terwyl jy vas.

Lees bietjie die week op oor vas, en kom ons vas saam. Dit hoef nie net nou te wees nie, maar maak vas en bid deel van jou reis met Jesus.

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting