In antieke Romeinse tye was daar 'n miete oor die god Janus. Dit was die god van nuwe dinge, tye, deure as ook seisoene. Hierdie god word gewoonlik geskets met twee gesigte. Die maand van Januarie word sterk met die god geassosieer want jy kyk na die ou "tyd" wat verby is, om die nuwe "tyd" wat kom beter te maak -
Wanneer ons as gelowiges die nuwe jaar in gaan kyk ons anders daarna - wat is daar wat jy die jaar meer of minder van wil doen om die Here meer te eer in jou lewe?
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Baie mense kyk oppervlakkig na nuwe geleenthede wat die Here vir my en jou gee -
Lees die volgende stuk teks
Prediker begin by Prediker 1:13
Prediker is 'n antwoord op lewensvrae-
Hoeveel keer sit ons nie elkeen met die tipe vrae en vra jouself af, waarmee is ek besig?
Wanneer ons kyk na die verskillende dele van Prediker 2 deel dit op in drie dele
Lees weer Prediker 2:1-3
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Lees weer Prediker 2:4-11
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Lees weer Prediker 2:12-16
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Lees weer Prediker 2:17-23
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Dit bring ons by die laaste gedeelte van die hoofstuk
Lees weer Prediker 2:24-26
Hier lĂȘ die kern - om God te verheerlik met dit wie jy is en wat jy doen!
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Wanneer ons aan die begin van 'n nuwe jaar staan, nuwe geleenthede, nuwe dinge - tog is alles weer dieselfde....
Vra dit jou en my as gelowiges om jouself te vra; "is God tevrede met my lewe?"
Hierdie laat my altyd weer dink aan Francis Chan se tou illustrasie - die lewe is kort. Wat jy in die lewe doen gaan in die ewigheid in ego -
Waarmee is jy besig?
Verheerlik jy die Here?
Lees hierdie teks elke dag vir jouself as jy opstaan en voor jy gaan slaap die week
Bid Paulus se gebed daarna - Filippense 1:9-11
Amen