aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Hier is Christus alles en in almal.

f1.jpeg

Hierdie week gesels ons verder oor Familie.

Ons gaan uit Kolossense 3:1-17 lees, om beter te verstaan hoe ons as nuwe mense moet optree in hierdie gebroke wêreld.

Kolossense is 'n ongelooflike brief wat Paulus geskryf het, terwyl hy vir 2 jaar in 'n Romeinse tronk gesit het. Hy het dit aan die nuwe Christenne geskryf wat heidenne was voor Epafras die goeie nuus van Jesus met hulle gedeel het.

Epafras, wat ook 'n Disipel was het die kerk in Kolosse gevestig, en hy het vir Paulus in die tronk kom vertel van al die groei wat in die kerk plaas gevind het, en daarom skryf Paulus vir hierdie gemeente 'n brief, om hulle te bemoedig om te volhart in Jesus deur hulle geloof.

Lees Kolossense 3:1-4.

f2.jpeg

f3.jpeg

Wat staan vir julle uit in hierdie verse?

Paulus begin die hoofstuk deur ons te herinner dat ons ons ou lewens afgesweer het, dat ons in onsself gestef het en dat ons nuwe lewe in Christus het. Ons het toe ons die goeie nuus van Jesus gehoor het gesê dat ons ook deel aan Sy heerlikheid wil hê en dat ons deur Hom vergewe wil wees vir al ons sondes. 

Ons het in Christelike huise groot geword, maar almal van ons was al in sonde vas gevang, waar dit so deel van ons lewens geword het dat dit eintlik maar tweede natuur geword het. Ons ken almal daardie sê ding, "Jy leer nie jou kind hoe om 'n tantrim te gooi nie, hulle doen dit sommer vanself." 

Dink aan jou eie lewe. Beleef jy dat sonde deel van jou lewe is?

Hoe hanteer jy dit?

Daarom kom herinner Paulus ons in hierdie teks om ons gedagtes op die dinge wat daar bo is te rig en nie op die dinge van die aarde nie.

Hoekom wil ons dit doen? 

Kol3:3, "want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. 4Wanneer Christus, wat julle lewe is, by Sy wederkoms verskyn, sal julle ook saam met Hom verskyn en in Sy heerlikheid deel."

Lees verder... Kol 3:5-11.

f5.jpeg

f6.jpegf7.jpeg

Ons sien al hierdie eienskappe van die sondige natuur, dan besef ons hoe baie ons steeds in hierdie lewe leef as sondaars. Dit is nie daar om ons sleg te laat voel nie, maar om ons wakker te laat skrik. Ons fokus nie genoeg of gereeld genoeg op die dinge daar bo nie, op die wil van die Vader nie, en ons vergeet soms dat ons nie meer die ou, sondige mens is nie. Maar ons verval so vinnig in sonde in. 

Dit is hoekom ons daagliks saam met Jesus moet wandel. Dat ons onsself kan herinner dat ons nie meer hierdie ou, sondige gebroke mense is wat in die donker rond wandel nie, maar dat Jesus Sy lewe vir ons gegee het en dat ons vergewe is en vrygespreek is van hierdie sondige natuur.

Dit gaan nie oor wat jou kultuur is nie. Dit gaan nie oor wie die mooiste voertuig ry nie. Dit gaan nie oor hoe baie skape jy het nie. Dit gaan nie oor al hierdie aardse goed nie. Alles gaan oor Jesus! Hier is Christus alles en in almal.

Ons moet dit elke dag vir onsself hardop sê: "Alles gaan oor Jesus."

Ons is nie meer die sondige mense wat ons was nie. Ons is lewend gemaak in Jesus en ons het 'n nuwe manier van dink en 'n nuwe manier van lewe gekry.

Dit is hoekom Paulus skryf: "5Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is:"

Lees verder... Kol 3:12-17.

f9.jpeg

f10.jpegf11.jpeg

Hier is waar ek en jy wil uitkom.

Ons wil deur ons lewens te leef Jesus se goedheid en liefde verkondig. Alles wat ons doen moet gedoen word in die Naam van die Here. Wanneer ons dit reg kry sal ons baie vinnig besef dat dit moeiliker en moeiliker word om te verval in die sondige natuur.

f12.jpeg

Paulus sê presies hier watter tipe eienskappe deel van ons lewe moet wees. Dalk moet ons begin fokus daarop dat ons so sal leef.

Hy maak dit ook duidelik dat ons deel van Jesus se liggaam is en dat ons as eenheid, in vrede met mekaar moet leef.

Hier kom die Familie aspek sterk deur. Ons moet mekaar vergewe, ons moet in vrede met mekaar leef, ons moet mekaar lief hê, en dit is hoe ons die band van eenheid in Christus sal hê.

Maar dit is vrek moeilik om dit te doen, nê? 

Gelukkig doen ons dit nie op ons eie nie. Ons gaan baie sukkel as ons hierdie nuwe mens probeer wees as ons op ons eie krag staat maak...

Jesus het Sy Heilige Gees gestuur om ons elke dag van ons lewens te lei en te onderrig in die waarheid van God. Ons kan net hierdie nuwe mense wees wat in Jesus is as ons op Hom staat maak en op Hom vertrou. 

Dit is presies hoe die Israeliete die laaste plaag oorleef het. Hulle het op Hom vertrou om hulle te red toe hulle die lammetjie se bloed op hulle deur koesyne geverf het. Hulle kon niks gedoen het nie, NET GEHOORSAAM GEWEES EN NET VERTROU HET.

f13.jpeg

Jesus het in my en jou plek gesterf en Hy het deur Sy dood die sonde oorwin. Hy het opgestaan uit die dood uit en Hy gee vir ons hierdie ewige lewe deur Sy genade.

Wat moet ons doen om dit te kry? Ons moet GEHOORSAAM WEES EN ONS MOET IN HOM VERTROU. Deur Sy genade red Hy ons, en deur Sy teenwoordigheid in ons lewens kom verander Hy ons van die ou mens af, na die nuwe mens toe.

Dink aan jou eie lewe.

Is ons steeds besig om die ou mens lewendig te hou, of is ons besig om te lewe in die nuwe mense wat ons deur Christus is?

Bid saam

f14.jpeg

 

 

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting