aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

SORG vir die Christelike familie

tim1.jpeg

Hier by Fresh is ons besig om oor die Familie te gesels.

Vandag gaan ons bietjie meer kyk na die rol van die gelowige in die groter Christelike gemeenskap.

tim2.jpeg

Voordat ons vandag se teks gedeelte saam deur lees, bespreek hierdie stelling: "Sorg vir jou Christelike Familie."

Wanneer jy dink aan 'n familie, of 'n gesin, waaraan dink jy?

Wat beteken dit vir jou om deel van 'n familie of 'n gesin te wees? As jy nie deel van 'n familie of 'n gesin is nie, wat beteken dit dan vir jou om nie deel van 'n familie of gesin te wees nie?

tim4.jpeg

Ons moet ook besef dat ons nie alleen is nie. Ons het wel elkeen ons eie gesinne en ons eie families, en elke liewe gesin lyk anders as die volgende een. Ons het of stabiele gesinne en families, of ons het gebroke gesinne en families. Maar hier is ons almal deel van een groot familie.

Jesus se familie.

Bespreek hierdie stelling.

Lees 1 Timoteus 5:1-8 saam deur...

tim5.jpegtim6.jpeg

Deel met mekaar; Wat hoor jy in hierdie teks?

tim7.jpeg

Hierdie eerste 2 verse dek vir ons die tafel om presies te sien hoe die struktuur van die Christelike familie lyk. 

Die ouer mans moet ons sien soos vaders, die ouer vroue soos moeder, die jonger mans soos broers en die jonger vroue soos susters.

 Dit is hoe ons mekaar hier moet hanteer:

 Soos jy jou pa sal liefhê en respekteer en ondersteun, so moet ons die ouer mans ook liefhê en respekteer en ondersteun.

Soos jy jou ma sal liefhê en respekteer en ondersteun, so moet ons die ouer vroue ook liefhê en respekteer en ondersteun.

Soos jy jou broer sal liefhê en respekteer en ondersteun, so moet ons die jonger mans ook liefhê en respekteer en ondersteun.

Soos jy jou suster sal liefhê en respekteer en ondersteun, so moet ons die jonger vroue ook liefhê en respekteer en ondersteun.

Hierdie konsep is reeds vir ons baie moeilik om te benader. Maar ons moet begin verstaan dat ons deel van 'n groter familie is. Ons hanteer ons gesinne soos gesinne en die res soos vriende, maar vir die gelowiges moet daardie band van liefde en respek en ondersteuning dieper gaan as wat dit in die wêreld doen.

 Dit is een van die redes hoekom die eerste Christinne "Irresistible" was...

Bespreek 1 Timoteus 5:1-2, en deel julle gedagtes hieroor.

tim8.jpeg

Wat dink jy wanneer jy aan vermaning dink?

Die Kerkblad van 1985 sê dit oor vermaning:

 "Die Bybel ken geen leefwyse waar elke mens net vir homself lewe en geen aandag vir sy medemens het nie. Inteendeel, die Bybel beskrywe gelowiges as 'n organiese gemeenskap wat mekaar se vreugde en smarte deel, mekaar ondersteun en daadwerklik help, en wat mekaar se hande vat vir die stryd van die geloof. Elke gelowige behoort sy verhouding tot enige mens te sien as 'n verhouding waarop hy nie sy rug mag draai nie, maar as 'n verhouding wat hom tot sekere verantwoordelikhede oproep — onder andere die verantwoordelikheid tot vermaning.

 Vanweë die eenheidsband onder gelowiges moet hulle mekaar aanmoedigend ondersteun en vrymoedig vermaan. Ons almal het as sondige mense vermaning baie nodig. Daarom moet jy nie kwaad wees wanneer iemand jou vermaan nie, maar juis baie dankbaar. So gebruik God mense in jou lewe om met 'n vermaningswoord jou weer tot jou sinne te ruk. As gelowige het jy jou tog gewillig onder die werklikheid van vermaning gestel. Om 'n dissipel van Christus te wees beteken dat jy onder die dissipline van Christus lewe en Hy oefen sy dissipline deur die vermaning van mense uit.

 Dit is nie altyd maklik om iemand te vermaan nie. Maar jy moet die doel van vermaning juis sien as die eer van God wat moet skitter, as behoud, as liefdevolle waarskuwing en as 'n hand uitsteek om vas te hou. Dan kan jy dit doen deur die krag van die Heilige Gees. Dit moet die liefde wees wat jou dring en wat jou nie jou oë laat toeknyp nie as jy sien hoe iemand in sonde verhard en op die pad van die ewige dood is. Hoe liefdeloos is dit nie as jy soos Kain jou rug draai omdat jy nie jou broer se bewaarder is nie.

Daar bestaan geen vaste vermaningsformule nie, want elke situasie en bepaalde omstandighede moet jou lei in die "hoe" van vermaning.

tim10.jpeg

Besef dat vermaning 'n belangrike deel van ons Familie in Christus is. 

Bespreek jou gedagte rondom vermaning met mekaar.

tim11.jpeg

In die tyd van Jesus was die mans dié wat vir hulle vroue en kinder versorg het. Finansieel, Emosioneel en Geestelik. En wanneer hulle af gesterf het, was die vroue heel alleen, kwesbaar en in dringende nood, en dan het die versorging vir haar as weduwee van nêrens af gekom nie. 

Maar nou dat sy 'n weduwee was wat deel van Jesus se gesin was, was die verwagting dat die geloofs gemeenskap vir haar sal versorg. 

Vandag is dit nie net die vroue wat heel alleen, kwesbaar en in dringende nood kan wees nie, want ons lewe in 'n tyd waar die vrou in die huis gesin die brood winner kan wees. Of waar die ma van die huis die kinders kerk toe gevat het, en waar sy die emosionele bystand gegee het, en as sy afsterwe dan is dit die pa se verantwoordelikheid vir die finansies, die emosionele en geestelikke versorg van hulle kinder, en vir hulle self. 

So wanneer ons weduwee lees, dan dink ons eerste aan die vroue wat hul mans aan die dood verloor het, en ons kan dink aan mense oor die algemeen wat in dringende nood is.

Lees weer vers 5-6.

tim12.jpeg

Dit moet vir my en jou laat dink oor ons verhouding met die Here...

Wanneer ons in die nood is, wat is ons reaksie teenoor hierdie nood?

- bid ons, vertrou ons en bly ons hoop in die Here plaas, of...

- probeer drink ons ons sorge weg, maak wat ons wil, skel en vloek en is kwaad want wat gaan help?

 Die een het die lewe, want daardie persoon plaas sy hoop in die Here, omdat hulle 'n lewende verhouding met Hom het.

Die ander is reeds dood, omdat hulle geen hoop nie, omdat hulle nie God ken nie, en daarom kan hulle nie hulle vertroue in Hom plaas nie.

Bespreek 1 Timoteus 5:3-6 met mekaar.

tim13.jpeg

Waar Paulus skryf; " het hy die geloof verloën", beteken dat ons nie kan sê dat ons 'n gelowige is, of 'n kind van Jesus, maar ons versorg nie eens ons eie gesin nie, want dan het ons geloof lee woorde geword. Dan is ons geloof sinneloos. 

Dit is soos Jakobus 2:18 sê; "Maar iemand kan miskien sê: “Die een het die geloof en die ander het die dade.” Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade."

"en is hy slegter as 'n ongelowige." beteken dat om vir jou gesin te sorg is nie net 'n morele verantwoordelikheid nie, maar om vir jou gesin te sorg is 'n weerspieëling van jou geloof in die Here.

Bespreek vers 7-8 met mekaar.

Bid saam.

tim16.jpeg

 

 

  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting