Lees die volgende teks gedeelte - wat is die kern temas wat vir jou uitstaan?
Wanneer jy die woorde lees; "as julle my lief het sal julle my opdragte uitvoer?"
Wat hoor jy? Hoe verstaan jy dit?
As klink soos 'n voorwaarde- en dit is! Ons elkeen het al dinge met jou eie krag aangepak. Laas week het ons gekyk na die voorbeeld om die regte spier te gebuik. Verkeerde aanwending van 'n spier ly na beserings. Die voorspraak behels die teenwoordigheid van die Heilige Gees in ons lewens.
Wanneer jy vers 17 lees wat verstaan jy onder die Gees van die waarheid?
Daar is 'n groot stuk sekuriteit wanneer iemand in persoon teenwoordigheid is by jou. Hierdie gee self vertoue en versterking vir die taak wat op hande lĂȘ. Ons grootste taak soos wat ons laas week gekyk het is om 'n getuie te wees.
Jesus weet dit en bevestig dit met Sy dissipels dat daar altyd 'n Goddelike versterking by ons sal wees.
As jy dink aan die effek van die Heilige Gees op elkeen van ons as gelowiges - hoe sou jy dit vir iemand verduidelik?
Kan jy dink aan voorbeelde in die Bybel waar die Gees van God onttrek het van die individu? Wat was die effek?
Sonder die leiding van die Heilige Gees is ons weerloos - kort ons leiding in die waarheid. Hoe kan ek en jy ons koppeling met die Heilige Gees versterk?
Een van die groot vrese van kinders is om alleen iewers te wees.
In 'n senario waar jy alles, broos en sonder ondersteuning jouself bevind-
Ons is immers nie weeskinders nie, want in Genesis 17:7 leer ons dat God 'n verbonds God is van geslag tot geslag.
Wat beteken dit vir jou dat jy 'n verbondskind is?
Hoe help dit jou om nog meer in die waarheid van God te bly onderleiding van die Gees van die waarheid?
Lees weer vers 21
Wat leer jy daaruit?
Hoe meer gehoorsaam ons is aan God se gebooie, hoe meer openbaar Hy Homself aan ons elkeen. Wat beteken dit vir jou?
Wat is die verskil tussen 'n kop besluit en 'n hart belsuit?
Ter harte neem behels 'n totale omvang van jou mens-wees!
Ter harte behels om dit te ervaar en te leef. Dit behels om met jou hele mens wees dit uit te leef!
Die Gees van die waarheid - kragtig in alle gelowiges se lewe. Dis die Gees wat ons begelei om getuies te wees vir die Here. Ons moet mekaar telke male herinner ons kan nie uit ons eie krag getuies wees nie. Slegs onder leiding van die Helige Gees.
Hoe maak jy elke dag die aktiewe keuese om onder leiding van die Heilige Gees te lewe?
Die Gees van die waarheid gee vrede-
Mag jy opnuut besef Jesus het vir ons die Heilige Gees gegee
Mag jy opnuut vanuit die Gees van waarheid lewe
Mag jy opnuut die vrede wat alle verstand te bowe gaan ervaar en daaruit leef
Bid saam