Paulus skryf in hoofstuk 7 oor sy stryd met sy vlees, hoe hy een ding wil, maar 'n ander ding dan doen. Hy sit bedroef in hierdie dilemma. Hy kry dan 'n weg uit in Christus en dit is waar ons hom hier kry in Romeine 8.
Lees nou Romeine 8:1-17
Wat staan vir jou uit?
Lees nou vers 1-4 bietjie meer aandagtig deur en vra jouself wat is die kern hiervan?
Wat sien jy raak van die mens en wat sien jy raak van Jesus?
Watter rol speel die Heilige Gees?
In die eerste paar verse sien ons gou raak dat daar n wet van die Gees is wat verbonde is aan Christus.
Daar is dan ook n wet van die sonde, iets waarvan ons gered is. Ons sien ook dit wat die mens nie kon doen, die Wet onderhou nie, maar Jesus het dit gedoen. Hy was vlekkeloos en perfek.
Jesus was die perfekte offer vir my en jou.
Lees weer vers 5-8
Wat staan vir jou uit in hierdie verse?
Wat is die verskil tussen 'n lewe onder sonde en 'n lewe onder die Gees?
As ons na vers 5-8 kyk kan ons duidelik sien dat die wet van die Gees lei tot lewe en vrede. Die wet van ons sondige natuur lei na die dood.
In die grieks word die woord dood gebruik as iets wat klaar is en besig is om te gebeur.
Met ander woorde om onder die natuur van jou sondige aard te bly lewe beteken ons is dood, geestelik so, en dat dit ons tot die dood ly.
Die lewe en vrede wat 'n lewe onderleiding van die Gees ontvang is nie vrede in eensaamheid nie, maar selfs vrede in die middel van 'n storm.
Watter een volg jy tans in jou gedagtes - vlees of die Gees?
Henry Ford maak 'n baie belangerike punt hier.
As ons nie gaan glo in dit wat Jesus vir ons aan die kruis gedoen het nie en waarvoor Hy die Gees van waarheid vir ons agter gelaat het nie gaan ons nie instaat te wees om te doen dit wat reg is nie.
Ons moet ons denke rig op God, ons moet glo wie ons is in Christus. Dit is al hoe ons dit kan begin lewe en 'n getuie wees van Christus.
As ons gaan kyk na die prentjie hier bo en in ag neem die fokus van die persoon wat tussen deer die bome weef kan ons n nuwe perspektief kry van hoe om oor ons lewe te dink en waar om te fokus. As hy deer die bome jaag kyk hy nie na die bome nie, hy kyk juis daar waar daar nie bome is nie. Ons moet die pad dop hou wat ons wil volg.
Lees nou vers 9-11
Wat staan vir jou uit oor die Gees?
Ons kan sien in die gedeelte dat die gees as waarborg dien tot ons wat kinders van God is en aan Jesus behoort.
Die Gees gee vir ons lewe, nou vir ons gees, maar ook weer aan ons liggame met Christus se wederkoms.
Wat staan vir jou nog uit in hierdie teks gedeelte?
Lees nou vers 12-17 met dit wat jy geleer het uit die vorige gedeelte in gedagte.
Wat is ons elkeen se verpligting as kind van God tans?
Ons verpligting is nou teenoor God, ons is nie meer verplig om te doen dit wat verkeerd is nie.
Ons is onder die verpligting nie omdat God iets van ons wil wegneem nie, maar omdat hy vir ons iets wil gee.
Die lewe en so in oorvloed.
As ons dan nou kinders van God is wat beteken dit?
As kinders deel ons iets met ons hemelse Vader.
Daar moet nou iets van ons wees wat soos Hy lyk. Dus kom ons by die plek uit waar ons soos Romeine 12:1-2 ons denke vernuwe om meer van God te weerspieƫl.
In die proses gaan daar wel opstand en lyding wees. In dit sal ons steeds vrede kan vind in die Gees, maar ook 'n veel groter heerlikheid saam Jesus met sy wederkoms.
Bid saam