Ons gesels vandag oor Jesus se Hemelvaart, waar Jesus 40 dae nadat Hy uit die dood uit opgestaan het, weer terug gegaan het Hemel toe om Sy Koningskap weereens op te neem, waar Hy vandag heers as Koning van alle konings.
Ons gaan vandag Handelinge 1:6-11 saam deur lees, en terwyl ons hierdie teks ondersoek is dit ook belangrik om te weet dat die Ou Testament baie profiteer oor Jesus se Hemelvaart.
Lees eers Handelinge 1:6-11 saam deur...
Ons gaan nou 4 waarhede oor die Hemelvaart bespreek.
Die Hemelvaart is die groot gebeurtenis waar Jesus weer Sy Koningskap opneem en waar Hy aan die regter hand van God sit, wat beteken dat Hy regeer.
Hy het opgevaar na Sy Vader, om Sy plek op die troon in te neem.
Daniël het baie spesifiek hierdie einste gebeurtenis geprofeteer in Daniël 7:13-14...
Waarokal ons is moet ons onthou dat Jesus die Koning is...
Terwyl ons saam in die kerk bymekaarkom, wanneer ons in die wêreld is en na ons werksplekke gaan deur die week, maar ook as ons saam met familie en vriende vir sosiale geleenthede bymekaarkom, moet ons altyd onthou dat Jesus Christus op Sy troon sit.
Hou ook goeie moed terwyl ons onthou en weet dat Jesus Christus die Koning is. Terwyl ons werkloosheid, of hartseer, of siekte, of onsekerheid, of enige bekommernis in die gesig staar, is Jesus Christus op Sy troon en regeer Hy oor ons lewe.
Die dissipels het verstaan dat Jesus die Messias is en dat Hy gaan regeer, maar hulle het nie verstaan dat Jesus se Koninkryk en Koningskap vir alle mense is nie.
As ons 'n burger van die koninkryk van die hemel is, is ons ook 'n ambassadeur vir Jesus Christus die Koning. Ons moet ons opdrag onthou, en dit is om hierdie waarhede te verkondig aan 'n wêreld wat 'n Koning nodig het.
Waar daar geen Koning of Heerser is nie, is mense geneig om te doen wat ook al reg is in hul eie oë.
Ons moet hierdie goeie nuus na hierdie verlore wêreld neem en uit basuin dat daar 'n goeie Koning is wat bereid is om ons sondes te vergewe en ons as Sy eie te ontvang.
Die dissipels was hopeloos toe hulle vir Jesus sien weg gaan het. Maar hulle het van Jesus se belofde, dat Hy weer gaan terug kom, vergeet.
Lees en bespreek die volgende teks gedeeltes...
Ons het 'n totale hoop dat Jesus weer terug gaan kom, en ons weet dat Hy ons nie alleen gelos het nie. Hy is elke oomblik by ons deur Sy Heilige Gees.
Hier het die engele vir die dissipels gesê dat Jesus eendag sou terugkeer. Dit was nie vir die dissipels belangrik om te weet wanneer hy sou terugkeer nie, net dat Hy sou terugkeer. Die wederkoms van Jesus wat hier voorspel is, is 'n terugkeer op dieselfde manier as wat hy vertrek het. Dit wil sê, fisies en ook sigbaar.
God wil nie hê dat ons so gefikseer is op die toekomstige wederkoms van Jesus dat ons nalaat om te doen waarvoor Hy ons nou roep nie. Hy wil hê dat ons oortuig moet wees dat Jesus Christus selfs nou regeer, sodat ons die evangelie met vrymoedigheid sal verkondig.
'n Dag kom – ons weet nie wanneer nie – wanneer Jesus Christus na die aarde sal terugkeer.
Dit is wat ons moet verkondig...
Die hemelvaart herinner ons aan die waarheid en realiteit van die wederkoms.
Dit gee ons hoop, as gevolg van Jesus se opstanding en hemelvaart, dat ons ook eendag sal opstaan en in ewige verhouding met Hom sal tree.
Bid saam