aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

KRUISSANGDIENS 2022

kk1

Kruissangdiens

 

kk2

kk3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die Seun het Mens geword

kers1

Lees Johannes 1:1-17.  Watter woorde staan vir jou uit in hierdie teksgedeelte?  

kers3

Lees weer vers 14.  In hierdie vers is daar drie woorde waarna ons vandag gaan kyk – mens, waarheid en genade.  

Jesus het as mens in die wêreld ingekom – Hy was volkome mens en volkome Heilig, vol van waarheid en genade.  

kers4

Wat is Waarheid?  En wat is Genade?

Vir baie is waarheid die werklikheid waarin elkeen van ons elke dag leef.  Jou onmiddellike omgewing is wat jy fisies ervaar, sien en glo.  Hoe lyk jou werklikheid hierdie tyd van die jaar?  

kers5

Kersfees is ‘n tyd van blink liggies, geskenke, gejaag om alles af te handel, afskeidsetes, konflik, irritasie, noem maar nog.  Binne-in hierdie realiteit, is daar egter altyd iemand wat vra: Wie is die baba Jesus nou eintlik?  Waar kom Kersfees regtig vandaan?

Kersfees roep ons terug na die onskuldige, maar ondersoekende gees van ‘n kind.  Kinderlike geloof soos dit in die Bybel na verwys word, is juis geloof wat vrae vra, onseker is, nie alles weet nie, verstom en verbaas is.  

kers3

Lees weer vers 14.  Om by God se waarheid uit te kom, moet ons eerlik wees met ons eie waarheid.  Behalwe die tyd waarin ons onsself bevind, wat is nog ‘n werklikheid in jou lewe tans?  

Dalk slegte gesondheid, dalk ‘n huis wat jy moet koop of verkoop, dalk misverstande met jou kollegas, wantroue, kinders wat ongehoorsaam is, planne wat nie uitwerk nie, ‘n lewe wat te besig is.  

Lees Psalm 139:23-24.  

Wanneer ons “mens” genoeg is om te besef dat daar areas van ons lewe is wat aandag nodig het, maak ons plek vir God se waarheid in ons lewe.  Laat God toe om jou hart te ondersoek!

In 'n kersspel by die skool moes 'n seuntjie die engel speel wat sê: "Moenie bang wees nie!"  Toe hy egter op die verhoog moes gaan, het hy voor almal sy arms begin swaai en sê: "Dis ek, dis ek, en ek is bang!"  Baie van ons voel dalk ons moes heel jaar lank 'n front voorsit, maar ons is nou moeg, bang, alleen.  Dis 'n werklikheid.

kers6

In Amerika het hul onlangs ‘n veldtog geloods getiteld “Jesus gets us”.  Die rede vir hierdie veldtog word as volg opgesom: 

Why is this campaign needed? Because it can be hard to see the real Jesus of the Bible through the fog of cultural Christianity. For many who have been burned by their experience in church, who have been devastated and hurt by other Christians, who are tortured by their poor decisions, this movement points us to the founder of our faith. If that resonates with you, or makes you think of someone you love, you might check out this new campaign for a fresh reminder of the radical love of God in Christ. He gets us.

 Kyk die volgende video. https://www.youtube.com/watch?v=d-lcLDvR8mc

Die feit dat Jesus mens geword het, beteken eerstens dat hy verstaan waardeur ons as mense elke dag gaan.  Hy verstaan jou pyn, teleurstelling, woede, jaloesie, emosies.  Want jy is ‘n mens, net soos Hy was. Wat beteken hierdie waarheid vir jou huidige werklikheid?  

kers7

Die feit dat Jesus mens geword het, beteken tweedens dat Hy, net soos wat Hy daardie eerste Kersfees fisies daar was, ook nog vandag daar is, en altyd sal wees, want Hy het opgestaan uit die dood.  

Hy is Immanuel – God by ons.  Hierdie ongelooflike waarheid gee ons moed en krag in tye wanneer dinge deurmekaar en gejaagd is, soos ook dikwels in die Kerstyd. 

So, God ontmoet jou in jou werklikheid, verstaan waardeur jy gaan en is by jou, omdat Hy ook mens was.

In Markus 6:6 lees ons dat Jesus “verbaas” of “verstom” was oor die mense se optrede.  Hierdie woorde beteken egter dat Hy in “verwondering” was oor wat Hy gesien het – dit het hom kwaad gemaak, maar ook Sy hart sag gemaak vol genade.

kers8

kers9

Die feit dat Jesus mens geword het, beteken derdens dat Hy nie net kwaad en verstom was soos ‘n mens nie, maar ook die deernis van ‘n mens gehad het.  Hoe dink jy vaar ons samelewing met hierdie aspek van menswees?  In Engels praat ons van die verskil tussen “human” en “humane”.  Wat beteken dit vir jou vandag?

kers11

Wat is genade dan?

Genade is die besef dat God jou liefhet nes jy is, dat Hy jou verstaan nes jy is, dat Hy by jou is te alle tye... en wanneer jy daardie waarheid van Christus besef, dan eers verstaan jy genade.  

Wat ‘n wonderlike gedagte – dat God genade aan my betoon!  Is hierdie genade vir jou ‘n werklikheid?  

“He gets us, but do you get Him?”

In die werklikheid van jou Kerstyd, hoe kan jy genade betoon?  Genade is daardie tweede kans om reg te maak, weer te probeer, vergifnis te vra.  Kersfees gee ons daardie geleentheid om die jaar goed te eindig, om reg te maak wat nie gewerk het, waarby ons nie uitgekom het nie.  Om weer die werklikheid en menslikheid van Christus te ontdek.

Hoe kan jy hierdie Kerstyd, te midde van jou werklikheid, genade betoon aan jouself en aan ander?  

Vir wie moet jy gaan jammer sê?  Wie moet jy nooi?  

Hoe kan jy meer mens en menslik wees in hierdie tyd?  

Hoe kan jy teenwoordig wees, in voeling met die werklikheid van jou wêreld en van Christus?

Christus het mens geword, vir my en jou.  

Dit is die volle waarheid, ryk aan genade.  Mag dit jou met groot verwondering laat in hierdie Kerstyd.  

Ons almal het ‘n stukkie Kersfees nodig!

Amen.

LEWENDE GELOOF VS DOOIE GELOOF

jak1.jpeg

Ons weet dat deur die lewe beleef ons ons geloof in Jesus maar soos 'n "rollercoaster", daar is hoogte punte, en dan kort daarna is daar weer laagte punte, dit gaan maar so op-en-af. 

Ons is kort kort besig om te sondig, en dit is baie frustrerend, want ons probeer so hard om hierdie heiligmaking proses aan te jaag, of as ons een voet-fout maak dan val ons weer heelwat terug in ons ou maniere, dan is dit weer 'n gesukkel om te kom waar ons was.

Mense sê hierdie stelling te gereeld en te maklik, "Ek is nie waar ek met die Here moet/wil wees nie."

jak2.jpeg

Ons GLO in Jesus! Maar wat nou?

Dit is basies die vraag wat Jakobus beantwoord in sy brief wat hy aan die kerk geskryf het.

jak3.jpeg

Lees Jakobus 2:14-26 saam deur.

jak4.jpeg

Kom ons dink bietjie saam deur hierdie teks gedeelte...

1. (v14-17) 

Jakobus sê basies dat as ons glo maar ons geloof nie in dade oor gaan nie, dan is dit eintlik 'n dooie geloof. Ek sê ek glo, maar niemand kan dit in my lewe raak sien nie. Ek is op my eie mission en alles wat ek doen is vir my en my gesin. Ons het nooit tyd vir ander mense nie en ons bou hoë mure om ons harte om onsself te beskerm.

Is ek en jy besig om ons geloof in Jesus uit te leef? Is ons besig om te doen wat Jesus van ons verwag?

Is ons besig om ons nastes lief te hê?

2. (v18-19) 

Dit is baie maklik om te sê ek glo, maar is dit ware geloof as niemand dit kan raaksien nie? Sê ek dalk net ek glo want ek wil nie eendag op 'n plek sit waar Jesus nie is nie? Glo ek regtig dat Jesus my nooi na die Bruilof  fees toe en dat ek deel het in Sy Koninkryk, die Hemel? Of sê ek maar net ek glo omdat ek bang is dit is waar, maar my lewe wys nie my geloof nie want ek wil die beste van altwee hê? Ek wil Hemel toe gaan, maar ek wil ook doen wat ek wil...

 Dit is interessant dat Jakobus sê die bose geeste glo ook in God, want ek en jy altwee weet hulle gaan nie hemel toe nie... Wat beteken dit vir die mense wat sê hulle glo in God maar hulle lewe soos die bose geeste wil hê hulle moet lewe?

3. (v20-25) 

- Abraham se voorbeeld is baie mooi, want ons kan sien hoe sy geloof (die vertroue op God se belofdes) het 'n span met die dade (die sigbare bewys) gevorm. Deur Abraham se dade kan ons baie duidelik sien dat hy opreg geglo het in God. 

- Ragab se storie is ook baie waardevol, want God het haar van 'n persoon wat sonde haar beroep gemaak het, gered en gereinig, omdat sy haar geloof in God met dade bewys het, al het dit potensieël beteken dat sy haar lewe mag verloor.

 

👉Jakobus sê glad nie dat ons deur ons goeie dade gered word nie.

Wat hy wel sê is dat die geloof wat sonder dade is, dood is.

En dit is daardie ware geloof in Jesus; dat Hy vir ons sondes gesterf het en dat Hy ons vryspreek van ons sondes deur Sy genade, wat ons red.

jak5.jpeg

Great!! ONS GLO SO ONS IS GERED!!!!

Dit is 100% waar, maar is dit ware geloof wat jy het? Geloof wat gehoorsaam is aan die wil van die Here?

 

jak6.jpeg

✝️⚠️Geloof is basies dit... Wie het al gebungeejump?

Baie mense hou die tou naby, maar dan wil hulle nie die tou vasbind nie, want dit beteken dan hulle moet in die tou vertrou en spring. Baie mense sit selfs die tou om hulle enkels en die harnas aan, maar hulle spring nogsteeds nie, want hulle is bang die tou breek, omdat hulle twyfel. Dié mense kan nie sê hulle het gebungeejump nie. Dan kry jy die mense wat die tou en die harnas aan het en wat die tou vertrou, en wat spring, en die beste tyd van hulle lewens het. Hulle kan wel sê dat hulle al gebungeejump het...

Lees Matteus 7:21-27 saam.

jak7.jpeg

Is jou Fondament op Jesus gebou?

Is jou geloof in Jesus so, dat wanneer daar 'n stortreën val, en wanneer die vloedwaters afkom, en wanneer die wind jou waai en druk, dat jy standvastig in Hom kan bly staan?

jak8.jpeg

Wat ons moet besef is dat ons nog al die pad beproewings gaan beleef. Ons is in 'n reinigings proses. En wanneer ons beproewings beleef, dan moet ons juis aan ons geloof in Jesus vashou sodat ons kan volhard in ons geloof. 

jak9.jpegjak10.jpeg

Daar is twee tipes geloof. Die geloof wat dood is, en die geloof wat lewend is.

Watter geloof het jy?

Die genade van die Here is gelukkig baie groot, en Hy gee ons soveel kanse om die lewende geloof te kry, en dan wanneer ons die lewende geloof het, te verdiep.

jak11.jpeg

  1. Die een twee drie van die evangelie
  2. Drie kort gelykenisse
  3. Genade onbeskryflik groot
  4. 10 MEISIES

Bladsy 5 van 100

  • Begin
  • Vorige
  • 1
  • 2
  • 3
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting