HIERDIE WEEK GESELS ONS OOR EEN VAN JESUS SE BAIE BEKENDE GELYKENISSE. DIE SAAIER...
LEES DIE VOLGENDE GEDEELTE SAAM DEUR.
WAT STAAN VIR JOU UIT IN MATTEUS 13:1-9?
DINK SAAM AAN DIE 4 VERSKILLENDE TIPE GROND WAARVAN JESUS PRAAT.
GESELS SAAM OOR HOE HIERDIE 4 TIPE GRONDE VAN MEKAAR VERSKIL. DINK PRAKTIES HIEROOR. DINK AAN DIE VRAAG: HOEKOM LYK HIERDIE GROND SO?
LEES NOU DIE VOLGENDE GEDEELTE SAAM DEUR.
WAT STAAN VIR JOU UIT IN MATTEUS 13:18-23?
ONS SIEN DAT WANNEER JESUS DIE GELYKENIS VERDUIDELIK, DAT DIE SAAIER IS DIE HEILIGE GEES; DIE EEN WIE DIE WARE WOORD VAN GOD IN ONS HARTE SAAI.
ONS SIEN OOK DAT DIE SAAD VERWYS NA DIE WOORD VAN DIE HERE.
EN ONS SIEN DAT DIE GROND VERWYS NA DIE VERSKILLENDE HARTS TOESTANDE WAT ONS IN MENSE SIEN.
VRA VIR JOUSELF; WAT IS MY HARTS TOESTAND OP HIERDIE OOMBLIK IN MY LEWE?
LEES DIE VOLGENDE GEDEELTE SAAM DEUR.
SIEN JY DAT PAULUS ERNSTIG MET DIE GEMEENTE VAN EFESE PRAAT WANNEER HY VIR JULLE SÊ DAT HULLE NIE SOOS DIE HEIDENE MOET LEWE NIE, MAAR DAT HULLE SO LEWE MOET LEEF WAT DIE HERE VERTEENWOORDIG.
MAG ONS DIE HERE TOELAAT OM ONS HARDE HARTE, OF ONS HARTE WAT NIE DIEPTE HET NIE, OF ONS HARTE WAT VOL ONKRUID (SONDE) IS, TE VERANDER EN TE VERWERK DAT DIT GOEIE GROND WORD.
BESEF DAT DIT 'N KEUSE IS WAT JY SELF MOET MAAK OM NA DIE HERE TOE TE GAAN EN VIR HOM TE VRA OM JOU HART TE VERNUWE. DIT IS SOMS MOEILIKE KEUSES WAT ONS MOET MAAK, MAAR DIE VRUG WAT VAN DAARDIE KEUSES GAAN KOM IS BAIE MEER WAARDEVOL AS OM VER VAN DIE HERE AF TE LEEF, EN NIE DEEL TE HÊ AAN DIE LEWE WAT DIE HERE AAN ONS SKENK NIE.
MAG ONS 'N GOEIE OES LEWER, WAT BETEKEN DAT DIE HERE DIE SAAD WAT IN ONS LEWENS ONTKIEM, EN GROEI DAT DIT VRUG DRA, WEER SAAD KAN WEES VIR DIE HEILIGE GEES OM IN DIE MENSE OM ONS SE LEWENS TE SAAI.
BID SAAM
Fresh Namibia is besig met ons reeks oor stories van Jesus.
Jesus het gelykenisse vertel wat ons in die vier evangelies lees. Stories wat die mense om Jesus maklik kon verstaan. Hierdie stories het baie keer 'n dieper betekenis ook gehad.
Begin jou groep om saam te bid.
Lees die volgende teks gedeelte saam.
Wat staan vir jou uit in hierdie gelykenis?
Hierdie is 'n baie bekende gelykenis- lees ook die drie verse net voor hierdie gelykenis.
Wat staan vir jou uit in die drie verse? Veral as jy dink aan vers 23 se "openlik"
Wanneer ons praat oor fondamente is dit nie iets wat mens kan sien nie. Dis onder die grond. Tog het dit 'n baie belangrike rol. Jesus gaan vir die mense wie se fondament nie op Hom gebou is nie, openlik sê; "ek ken julle nie."
Dit bring jou terug by jou lewende verhouding met Jesus - bou jy tans jou huis "jou lewe" op Jesus?
Een van die bekendste torings wat die fondament nie reg is nie is die toring van Pisa. Jou gebou kan hoe mooi wees bo die grond, maar as jou dinge onder die grong nie reg is nie help dit niks wanneer die storms van die lewe kom nie.
Laas week het ons gekyk na die gelykenis van die koring en die onkruid. Dit herinner ons weer soos hierdie week dat die storms van die lewe en die onkruid nooit iets sal wees waar gelowiges hulself kan van isoleer nie.
Wat is tans die storms om jou huis?
Wat is tans jou anker, jou fondament waarop jy jou huis "jou lewe" bou?
Hoe sou jy hierdie gelykenis vir 'n kind verduidelik?
Ons kern lesse wat ons leer uit die gelykenis behels die volgende
Lees die volgende teks gedeelte
Eerstens dat Jesus ons fondament is. Wat staan vir jou uit in die teks gedeelte?
Lees die volgende teks gedeelte
Wat staan vir jou uit in die teks? Jou hart kan vergelyk word met jou liggaam se fondament. Wat jou hart van vol is loop oor by jou mond. Getuig jou woorde van 'n hart wat stewig gevestig is op Jesus?
Lees weer die volgende teks gedeelte, Matteus 7:21-23
Getuig jou lewe, jou hart en jou huis van iets wat stewig gevestig is op Jesus as fondament vir hierdie lewe se storms?
Wat dink jy sou tekens wees wat dit bevestig?
Hoe hanteer jy tans storms? Hoe het jy die laaste storm hanteer waardeer jy moes gaan?
Lees die volgende teks gedeelte
Wat staan vir jou uit in die teks? Wat behels ware krag? Hoekom is dit so belangrik om stewig jou lewe op Jesus te bou?
In Jesus se gesprek met Simon Petrus noem hy hom die rots van die kerk. Die woord in die grieks is "petra" Petrus se verhouding alhoewel hy baie foute soos ek en jy gehad het getuig van iemand wat saam met die Here alles doen. Dink aan die drie vrae wat Jesus ook vir hom vra in die eerste ontmoeting na Jesus se opstanding - Petrus het jy my lief met jou alles?
Het jy tans Jesus lief met jou alles? Dit die begin proses van die bou proses.
Handeling help ons ook met die bou proses - lees die volgende twee teks gedeeltes.
Wat staan vir jou uit in die twee teks gedeeltes? Hoe help dit jou en my met ons elkeen se bou proses op Jesus ons fondament?
Paulus help ons ook hiermee - lees die laaste teks gedeelte vir die week se sessie
Hierdie teks is kern in die week se sessie - dis hoekom ons hiermee afsluit. Enige iets anders as die Naam bo alle name behels 'n bou proses op sand-
Mag jy opnuut weer kies om jou huis - jou lewe op Jesus te bou!
Bid saam
Gelykenisse in die Bybel is stories waarin Jesus vir sy dissipels die werklikheid van die hemel probeer verduidelik met beelde uit die werklike wêreld. Vandag se gelykenis is juis so 'n storie met twee werklikhede waarin ons lewe.
Lees Matteus 13:24-30; 36-43. Wat hoor jy as jy hierdie teks lees? Wat verstaan jy nie?
Die boer saai goeie saad, terwyl die vyand slegte saad van onkruid saai.
Die onkruid wat hier na verwys word is "bearded darnel", 'n tipe koring wat giftig is, maar op die oog af en as 'n jong plant identies soos koring lyk. Dis juis hoekom die boer aanbeveel dat dit nie dadelik uitgetrek word nie.
Hoe lyk jou werklikheid tans, die omgewing waarin jy jouself bevind? In hoe 'n mate dra jy by tot hierdie werklikheid of in hoe 'n mate vermy jy dit?
Dit is belangrik om te besef ons werklikheid is nie perfek nie. Die armes, die hongeres, die kwaaddoeners en teleurstellings gaan altyd met ons wees. Net soos onkruid.
In kontras saai God goeie saad, maar ons kan nie nou reeds die effek daarvan sien nie. Ons sien net gedeeltelik, maar die oes gaan ondenkbaar wees. Kan jy jou 'n wêreld indink sonder siekte, pyn, hartseer, gebroke families, huishoudelike moles, rassisme, onenigheid? Dit is die werklikheid wat God aan ons voorhou en dis reeds besig om te gebeur.
Dink bietjie wat is daar wat jou tans ontstel? Waaroor is jy kwaad? Wat maak jou bang? Daar is dele in ons omgewing wat nie lyk asof God se saad daar teenwoordig is nie. Is Hy dan nog in beheer? Kan ons op Hom staatmaak vir verandering?
Hierdie spanning en ontsteltenis is juis waar God besig is om aan jou te werk en jou te laat groei. Net soos in die gelykenis, sal die onkruid altyd daar wees. Ons het die teenkanting, struikelblokke en slegte dinge in ons lewe dikwels nodig om ons naby aan God te hou. Daarsonder sou dit net oor jou eie bestaan en vooruitgang gegaan het.
Wat het plante nodig om te groei? Kan dit vansself groei as die saad net so lê? Nee, dit kort sekere veranderlikes om dit te laat groei - onafhanklike, afhanklike en beheerbare veranderlikes. Daar is dinge wat ons kan doen om te groei, maar daar is sekere dinge wat ons niks aan kan doen nie - dis buite ons beheer!
Watter dinge of mense in jou lewe is daar tans wat buite jou beheer is? Voel dit vir jou asof hierdie dinge jou lewe regeer of indring? Ons het iets buite onsself nodig om te groei - ons het vir God nodig. En Sy engele sal op die einde die koring oes en die onkruid verwyder.
Het jy in die teks agtergekom hoe rustig die boer is oor die onkruid in sy land? God wil vir ons kom sê dat ons juis groei in daardie spanning tussen goed en sleg - dit is ware groei en verdieping in Hom. Ons groei nie as dit net goed gaan nie; daar is ook nie groei as dit net sleg gaan nie - maar juis tussenin.
Besef jy dat alles wat nou met jou gebeur net tydelik is? Hoe laat dit jou voel? Alles is tydelik, maar dis oppad na die ewigheid toe - en die ewige oordeel aan die einde.
Onkruid groei vinnig en sonder moeite, net soos die dinge wat jy uit eie krag aanpak. Dis lekker, maar dit het nie ewigheidswaarde nie. Goddelike groei is stadig, tydsaam, verg moeite, maar is die moeite werd en eindig op die ewigheid.
Watter groei kies jy? Is jy bereid om te wag, geduldig te wees en rustig te raak?
Moet dan nie oorhaasitge besluite maak sonder Goddelike insae nie. Moet dan nie alles met jou vuiste of jou mond of jou reputasie probeer regruk nie. Moet dan nie dink alles hang net van jou af nie.
Raak rustig en laat God toe om te werk.
Is jy bekommerd oor jou kinders se toekoms en waar hulle gaan opeindig? Is jy onder druk by die werk om alles perfek te doen?
Saai die goeie saad, maar wees dan rustig dat dit sal opkom. God is in beheer.
Jy mag dalk nie nou die vrugte sien van jou harde werk nie, maar die oes is oppad. Jy mag dalk nie nou die wonderlike vreugde geniet waarna jy uitsien nie, maar God is besig om jou te laat groei. Hou aan goeie goddelike saad saai!
Wat beteken dit vir jou huwelik, vir jou verhouding, vir jou werk, in jou gemeenskap?
Moenie vra wat het jy al bereik en wat werk en wat is die doel van die slegte goed rondom ons nie ... vra eerder wat is besig om te gebeur, nou en hier, met jou - God is aan die werk!
Wees rustig, jy hoef nie impulsief, angstig, radikaal te raak nie - Hy is groter as wat jy kan dink!
Lees 2 Kor 4:18 en 1 Petrus 1:24. Wat staan vir jou uit in hierdie gedeeltes? Wat beteken dit vir jou?
Kyk hierdie oulike video - dit is wat ons in ons huise kort!
Bid saam:
Here, dankie dat U in beheer is en die goeie saad in ons lewens daagliks saai.
Dankie dat U krag in ons werk en ons daarom rustig kan wees.
Amen.