aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

Groei die koninkryk

Screenshot 2022 09 12 at 2.58.24 PM

Lees die volgende teks gedeelte. Hierdie is 'n besonderse teks gedeelte waar Paulus vir Timoteus sy laaste opdragte gee. Opdragte van 'n man wat die goeie wedloop voltooi het!

Iemand wat sy alles gegee het om die koninkryk van die Here te groei.

Wanneer jy dit lees watter gedagtes kom by jou op? Wat staan vir jou uit van verse 2 en 3?

Screenshot 2022 09 12 at 2.58.38 PM

Ons gesels die week verder oor die tema; Groei. Dan kom ons agter dat elkeen van ons 'n kern rol speel in die groei van die kerk en die koninkryk van die Here Jesus Christus.

Watter gedagtes kom by jou op as jy dink aan vers 2?

Screenshot 2022 09 12 at 3.04.14 PM

Hierdie woord verkondig "Kay-roos-so" behels die verkondiging van die woord van die Here.

Baie van ons hak vas by die openbare spreker gedeelte, voor baie mense praat....

Dit behels ook een op een gesprekke. Juis hierdie een op een gesprekke wat die kerk se sterkste organiese groei oor die eeue was. 

Hoe kan jy dit ook doen?

Wat het jy nodig om dit te doen? Kyk weer na vers 2 en 5?

 Screenshot 2022 09 12 at 3.07.07 PM

Hoe help 2 Timoteus 2:15 my en jou om die opdrag in 2 Timoteus 4:2 te verstaan en prakties te doen?

Wat beteken dit vir my en jou om tydig en ontydig gereed te wees om die evangelie te verkondig?

Screenshot 2022 09 12 at 3.10.34 PM

'n Praktiese voorbeeld om dit te verstaan is wanneer 'n leerling van 'n skool sy of haar skoolbaadjie dra buite die skool. Dit behels dat die leerling dan die skool verteenwoordig waar sy of hy ook al gaan. Dit vra van die leerling om op 'n gepaste manier op te tree. Om netjies te lyk, bedagsaam te wees as ook die naam van die skool te respekteer. 

Ek en jy is elkeen 'n verteenwoordige van die Here Jesus Christus wanneer ek en jy Hom belei as ons persoonlike verlosser!

Hoe dra jy jou "Jesus" baadjie? Is jy reg vir 2 Timoteus 4:2?

Screenshot 2022 09 12 at 3.13.27 PM

Jeremia 6:16 vertel ons van die ou paaie - 2 Timoteus 4:3 leer ons dat die tyd waar mense leermeesters kry wat hulle leer wat hulle wil hoor is nou- 

Screenshot 2022 09 12 at 3.17.50 PM

Ek en jy word opgeroep om deel te wees van die groei van die kerk - dis nie net die werk van die geestelike leiers in die kerk nie! Die vroeë kerk het nie so gegroei nie- Die vroeë kerk het gegroei na aanleiding van Handelinge 8:4-5 waar gelowiges soos ek en jy die woord verkondig het aan mense een op een!

Screenshot 2022 09 12 at 3.18.12 PM

Ware groei kom waar ek en jy intree in mense lewens wat twyfel! Daar bereid is om 'n pad te stap met mense!

Om Goddelike woord kennis oor te dra na ander wat in 'n groei proses is. 

Wat het jy nodig en waarin moet jy meer tyd spandeer om hierdie opdrag te realiseer?

Is jy gehoorsaam aan 2 Timoteus 4:2?

Wat moet jy verander om meer gehoorsaam te raak aan hierdie opdrag?

Screenshot 2022 09 12 at 3.21.18 PM

Gaan kyk weer na die Onse Vader gebed- "laat U koninkryk kom, U wil geskiet"

Dit kan slegs gebeur wanneer ek en jy gehoorsaam is aan 2 Timoteus 4:2 

Die hoogste vorm van aanbidding behels gehoorsaamheid - Paulus ego die woorde in 2 Timoteus 4:7-8 

Mag jy opnuut met nuwe energie jou een op een gesprekke met mense wat twyfel aanpak!

Bid saam

'n Nuwe Kleed

kleed5

Dis ‘n nuwe seisoen en ons sien God se handewerk oral in die natuur – vaal, vervelige grond en takke wat nou nuwe bloeisels en groen blare het – ‘n nuwe kleed wat God vir die natuur kom gee het.

Klere in die Bybel was net so ‘n belangrike teken en ons kyk na Josef wat bekend is vir sy pragtige kleed.

kleed2

Kom ons lees Genesis 37:1-11 en 30-36.

Hoe sal jy Josef se karakter in hierdie verhaal beskryf?

Hoe tree sy broers op?

En wat staan vir jou uit van sy pa?

In hierdie gesin wil elkeen homself laat geld en tree op op so ‘n manier om geregverdig te word en goed te kan voel. Josef kry ‘n langmou jas by sy pa wat hy nie verdien of geregtig op is nie. Dit gee hom ongelukkig ook nie die aansien waarvoor hy gehoop het nie.

Hy word kaal uitgetrek, sy bebloede jas word vir sy pa teruggestuur en hy kry in die tronk nuwe klere en ‘n seelring omdat hy die koning se drome uitlê.  

kleed1

Net soos wat Josef se gesin hulself goed toe-eien, dra ons dikwels klere om ons te laat geld en te verseker van ‘n goeie reputasie en ‘n goeie toekoms.

Partykeer is dit fisiese klere, maar dikwels ook emosionele en geestelike klere. Ons doen goed en trek aan dit wat mense vir ons sê, maar dit gee nie vir ons waardigheid nie.

Net Goddelike genade – onverdiend – kan vir ons waardigheid, reputasie en voorspoed gee.

kleed4

Lees Genesis 50:15-21.

Hoe tree Josef teenoor sy broers op wanneer hulle mekaar weer na jare sien?

Verdien die broers hierdie behandeling? Hoe sy jy opgetree het teenoor iemand wat jou so tenagekom het?

Josef se optrede is net moontlik as gevolg van genade. God se genade het hom gered van verwoesting van sy eie lewe. God se genade het hom gered van sy broers se behandeling en van sy pa se obsessie met hom en selfs van sy eie arrogansie. God kom klee hom met genade.

Dit is hoekom hy sy broers met genade kan behandel.

kleed6

Watter dinge is daar in jou lewe wat jy “aantrek”?

Dalk is jy hoogmoedig, arrogant en beterweterig soos Josef... Dalk voel jy minderwaardig, sensitief, fyngevoelig...

Watter jas jy ookal vir jouself aantrek, God kom gee vir jou ‘n nuwe kleed wat jy nie hoef te verdien nie, maar waaruit jy moet leef.

Blaai vlugtig deur Matteus 6 – hoeveel moets en moenies lees jy raak?

Matteus 6 is nie nog ‘n stel wette nie, maar ‘n riglyn van wat jy nie moet aantrek nie en waarmee jy jou eerder moet klee.

Lees vers 25-34. Wat beteken dit vir jou? Wat leer jy uit die natuur wat jy in jou lewe kan toepas?

kleed5

Kyk na die tekens van ‘n nuwe seisoen daar buite. Bome bot en gras groei.

Wat het gebeur om die plante van winter na lente te verander? Niks wat jy spesifiek doen het dit laat gebeur nie.

Dit is net God se werk, Sy genade. Net so werk God se genade vir jou. Hy het nie verdien om aan die kruis te sterf nie. Dis genade dat Hy dit gedoen het en Sy vader Hom in glorie geklee het.

As jy Josef se storie lees, wat dink jy wil God vir jou vandag kom sê? Hoe moet jy optree teenoor jou broers en susters? Hoe moet jy optree teenoor jou kinders? Jou vyande? Jou kollegas?

Veral, hoe moet jy teenoor hulle optree as hulle nie maak soos jy sê of jou slegsê of jou ontstel? Genade, onverdiend en gratis.

Wanneer jy besef dis net God se genade wat ons foute en tekortkominge kan bedek, daardie dag kan jy ook vrylik, met nederigheid en vrymoedigheid genade uitdeel.

Bekommer jy jou nog oor wat mense van jou dink? Bekommer jy jou nog oor wat mense vir jou sê? Bekommer jy oor hoe jy lyk en wat jy moet doen om aanvaar te word?

Trek dit uit! Niks wat jy doen, of wat ander doen, kan jou lewe verryk of verwoes as jy God se kleed aantrek nie.

Kyk maar na Josef – voordat sy lewe heeltemal tot niet gegaan het, het Gom uit genade kom red.

Kyk maar na Adam en Eva – voordat hulle heeltemal alleen buite die tuin geswerwe het, het God vir hulle velklere gemaak en hul met waardigheid geklee.

kleed13

As slot, lees 2 Korintiers 5:17-21. Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte? Wat vertel dit jou van God? Wat vertel dit jou van jouself en jou medemens.

Bid:
Here, help my om soos ‘n nuwe mens met ‘n nuwe kleed te leef.

Mag ons nie ons reputasie en voorspoed op ander plekke en by ander mense soek nie, maar slegs by U.

Mag ons genade onbeskryflik en onverdiend verkondig en uitdeel aan die mense rondom jou.

Amen

Uithoeke van die wêreld

Screenshot 2022 08 29 at 3.27.14 PM

Fresh Namibia sluit die week ons reeks af waar ons gekyk het na die groot opdrag.

Lees wees Handelinge 1:8

Wat staan vir jou uit as jy die teks gedeelte lees?

Hoe sou jy nou na die reeks die eerste drie areas opsom?

Screenshot 2022 08 29 at 3.32.12 PM

Die laaste area is die uithoeke van die aarde. Hierdie is seker die een area waar ons die minste aandag aan gee om rede ons nie sommer na 'n ver afgeleë plek sal gaan om die evangelie te verkondig nie. 

Fresh is betrokke by Martelare vir Christus waar ons ook sendelinge ondersteun waar mense nie die woord van die Here in die openbaar mag verkondig nie. 

Hier is hulle webtuiste sodat ook jy vir hulle aksies kan intree met gebed

Martelare vir Christus

Dis seker een van die belangrikse beginsels wanneer ons oor die uithoeke gesels om te besef dat ons, elkeen soos wat ons hier sit, en ons voorouers was almal iemand anders se uithoeke van die aarde jare terug. 

Die evangelie het saam met Jan van Riebeeck met sy skepe gekom en dit was iemand se roeping om dit op die Afrika bodem te verkondig.

Waar los dit ons nou? Werk klaar, fokus net op die eerste drie areas? Nee

Lees die volgende teks gedeelte

Screenshot 2022 08 29 at 3.41.12 PM

Wat staan vir jou in die teks as jy dink dat jy sout en lig moet wees tussen die mense om jou daagliks wandel waar jy ook al beweeg?

Jou uithoeke is om jou - hoe lyk jou sout en lig tans?

Screenshot 2022 08 29 at 3.41.23 PM

Wat is die effek van sout? Wat is jou effek tussen mense wat nie jou ken nie, waar jy tans beweeg?

 Screenshot 2022 08 29 at 3.41.45 PM

Leef jy tans soos iemand van die lig?

Verstaan jy tans die effek van jou lig in die wêreld daar buite waar dit donker is?

Lees die volgende teks gedeelte

Screenshot 2022 08 29 at 3.41.58 PM

Wat leer ons oor die praktiese kant van kerk wees, mense van die lig wees?  

Waar beweeg jy tans waar dit donker is en die mense jou nie persoonlik ken nie?

Kan hulle sê jy is 'n gelowige in die manier jou jy die lewe daar doen?

Vra jy nog vir die Here om dit waarmee jy besig is; goed en aanneemlik vir die Here is?

Lees weer Efesiërs 5:10 en 5:16

Hoe help dit jou met jou uithoeke van die aarde?

Screenshot 2022 08 29 at 3.42.07 PM

Die uithoeke van die wêreld is nie daar ver nie, dis om jou! 

Dis daar waar jy jou motor vol diesel/petrol maak-

Dis daar waar jy kruideniers koop-

Dis daar waar jy dink niemand sien jou-

Screenshot 2022 08 29 at 3.42.14 PM

Leef sout en wees lig vir die wêreld!

Bid saam

  1. SAMARIA
  2. Wie is jou Judea?
  3. Jerusalem
  4. HANDELINGE 28:1-6

Bladsy 9 van 100

  • Begin
  • Vorige
  • ...
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • ...
  • 11
  • 12
  • 13
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting