Ons is besig met ons reeks: "Wie is God?"
Hierdie is die belangrikste vraag wat jy jouself kan vra, want dit bepaal hoe jy jou lewe gaan leef.
In Eksodus 34:5-7 openbaar God homself aan Moses. Ons gaan hierdie week kyk na die eienskap: "lankmoedig"
Wat beteken dit om "lankmoedig" te wees?
Die letterlike Hebreeuse vertaling van die oorspronklike geskrifte behels "lang neus" met ander woorde wanneer ek en jy kwaad word dan raak jou neus korter...
Waarvoor dink jy raak God kwaad?
Waarvoor raak jy kwaad?
Ons lees in Jona 4:2, Jona het geweet God is lankmoedig en genadig. Jona het geweet God sal die mense in Nineve vergewe as hulle na God draai en saam met God begin wandel.
Wat nogal uitstaan in die storie van Nineve, 150 jaar later word hulle uitgeroei. Kyk na die verskillende hoofstukke se opskrifte in die boek Nahum...
Wat staan vir jou uit in die titels van die verskillende hoofstukke?
Wanneer ons na die boek Nahum kyk sien ons God se lankmoedigheid tot 'n einde kom met 'n stad wat weer en weer terug draai na hulle verkeerde paaie.
Wanneer ons na die Nuwe Testament kyk en spesifiek na Jesus kyk, sien ons dat Jesus ook kwaad geword het.
Lees die volgende twee gedeeltes:
Wat staan vir jou uit in hierdie twee teks gedeeltes?
Waarvoor raak Jesus kwaad?
Ongeregtigheid is die kern van Jesus se woede, raak jy nog kwaad vir ongeregtigheid?
Raak jou "neus korter" vir mense wat ander mense verontreg?
Raak jou "neus korter" vir ongeregtigheid?
Wanneer ek en jy as gelowiges nie meer kwaad word vir ongeregtigheid nie, het ons nie meer 'n gesonde invloed op hierdie wêreld nie!
Kyk die volgende clip (click op die rooi)
Lees die volgende twee teks gedeeltes uit Spreuke:
Wat staan vir jou uit in hierdie twee teks gedeeltes in terme van woede?
Mag jy opnuut besef - woede is deel van mens wees, selfs Jesus het kwaad geword.
Mag jy opnuut besef - jy word geroep om vir die regte goed kwaad te word.
Mag jy ervaar dat die Heilige Gees jou sal begelei om vir die regte dinge kwaad te word.
Bid saam
Ons is besig met 'n reeks wat kyk na die vraag: "Wie is God?"
In Eksodus 3, by die brandende bos, vra Moses vir die Here - "Wat is U naam?". In Eksodus 34 stel God Homself bekend aan Moses en omskryf God Sy naam en die betekenis daarvan.
Lees die volgende stuk teks:
Ons gaan hierdie week fokus op die volgende twee eienskappe van God:
Hoe sal jy hierdie twee eienskappe wat God bekend maak oor Sy karakter aan Moses in Eksodus 34:5-7 aan iemand verduidelik?
Lees die volgende stuk teks: 1 Konings 3:16-28
Kyk weer na vers 26 in die volgende drie vertalings.
Wat staan vir jou uit in die vertalings in terme van God wat barmhartig is?
Wat behels dit om barmhartig te wees?
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
Hoe help hierdie twee teks gedeeltes ons verstaan van God wat 'n barmhartige God is?
Wanneer ons kyk na die gelykenis van die verlore seun in Lukas 15, wat staan vir jou uit van die pa se barmhartigheid teenoor die jonger seun?
Hoe help dit jou om God se barmhartige hart te verstaan?
Om 'n barmhartige God te dien as jou en my Here en Verlosser vra om ook self barmhartigheid te betoon aan mense om jou.
Hoe evalueer jy jouself in terme van jou eie barmhartigheid teenoor ander om jou?
Die tweede eienskap van hierdie week behels 'n God wat genadig is. Hoe verstaan jy God se genade?
Vertel die storie van Jona vir mekaar - Hoe getuig hierdie storie van God se genade?
Lees die volgende stuk teks uit Jona:
Wat staan vir jou uit in hierdie vers? Dit ego die woorde van Eksodus 34:5-7...
Hoekom is dit belangrik as jy dink aan die praktiese kant van God se genade vir mense wie ons dink dit nie verdien nie?
Hoe evalueer jy jouself in terme van hoe jy genade uitdeel aan mense wat dit, soos ek en jy, nie verdien nie?
Soos Genesis 17:1 sê, om saam met God te wandel in opregtheid behels om barmhartigheid en genade uit te deel.
Mag jy opnuut Romeine 12:2 lees en besef dit begin by jou denke te vernuwe.
Mag jy opnuut onder leiding van die Heilige Gees jou denke vernuwe om ook barmhartigheid en genade uit te deel.
Mag jy dit juis deel met mense wat dit nie verdien - soos ek en jy!
Bid saam
Lees hierdie teks.
Hierdie is die ontmoeting waar Moses die twee klip tafels by hom het om weer die 10 gebooie neer te skryf soos in die vorige ontmoeting met God. In hierdie ontmoeting kom die Here weer af in 'n wolk en stel Homself bekend aan Moses.
In die oorspronklike teks sien ons duidelik dat die Here Homself bekend stel as die Here, Here.
Hierdie is baie belangrik wanneer ons in ag neem dat in die antieke bybelse tye was daar talle ander gode.
Die Here stel homself bekend as die God van alles gode, wat in lyn is met die 10 gebooie.
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie eerste 4 gebooie?
Hierdie ego die kruis - vir jou en my om die kern van God se gebooie te gehoorsaam behels dit om te begin by God. Dit is die vertikale as van die kruis.
Ons kan nie die volgende 6 gebooie gehoorsaam as ons nie begin om God eerste te eer in alles wat ons doen nie.
Maar hoe lyk dit prakties?
Lees die volgende stuk teks: Deuteronomium 6:4-8 (dit bevat die "shema" een van die belangrikste Joodse gebede in die Ou Testament)
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoe lyk hierdie inskerp proses prakties?
Kyk die volgende clip:
Vergeet om te vergeet en onthou om te onthou...
Hoekom is dit belangrik om te onthou dat die Here is die Here, Here? Want ons geloof begin met die wete dat daar net een God is!
Kyk na die volgende 3 teks gedeeltes wat hierdie denkwyse versterk
Wat staan vir jou uit as jy hierdie 3 gedeeltes lees?
Hoekom is dit belangrik om jou verhouding met God te evalueer om seker te maak dat die Here - die Here, Here -die kern God in jou lewe is?
Kom ons kyk na die storie van Salomo, iemand wat goed begin het in sy verhouding met die Here, Here, maar later ander gode begin aanbid het onder leiding van sy talle vroue.
Wat staan vir jou uit in die storie as jy weer dink aan die "shema" en die inskerp proses wat Deuteronomium 6:6-7 ons leer?
Wie is jou God (of god) op hierdie stadium in jou lewe?
Waarna of na wie luister jy op hierdie stadium van jou lewe?
Mag jy, soos Paulus skryf aan die Korintiërs, weer opnuut erns maak met die Here, Here.
Mag jy opnuut bewus word van wie God is - die eienskappe wat God met Moses deel in Eksodus 34 deel maak van jou lewe.
Mag jy prakties die "shema" Deuteronomium 6 deel maak van jou huis en jou wandel.
Bid saam...
Lees die bogenoemde teks:
Ons is besig met ons reeks: "Wie is God vir jou?"
God openbaar Homself aan Moses op die berg met die woorde van Eksodus 34:5-6
Ons tema vir hierdie week: "God vol liefde en trou"
Lees die volgende stuk teks:
Wat staan vir jou uit in hierdie Psalm?
Wanneer ek dink aan die eienskap van God - vol trou en liefde...
Wat verstaan jy onder trou of getrouheid?
Bespreek God se "trou" / "getrouheid" in jou groep.
God openbaar Homself as 'n God wat "trou" betoon - van geslag tot geslag wat niks ander behels as 'n verbonds God.
Psalm 89 verwys ook daarna - die Hebreeuse woord "gesed" wat vertaal word as trou het ook 'n aantal sinonieme wat vertaal word met die volgende paar woorde:
"troue liefde; onfeilbare liefde; verbondsliefde; waarheid en betroubaar"
Bespreek die volgende vraag in terme van die bogenoemde teks gedeeltes:
God is die verbonds God wat Sy "trou en liefde" van geslag tot geslag openbaar aan jou en my.
Hoe verstaan jy dit?
Ek en jy word geroep om getrou te wees aan God soos in Efesiërs 5 waar die beeld gebruik word dat ons, die kerk, Jesus se bruid is.
In 'n huwelik word waarheid en trou baie hoog geag - hoe lyk jou trou aan God tans?
Lees die laaste stuk teks van die week en bespreek wat vir jou uitstaan in terme van God se trou en liefde vir jou persoonlik.
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Wat staan vir jou uit in hierdie paartjie se wandel saam met God en hulle verstaan van God se trou en liefde?
Mag jy groei in jou verstaan van God se trou
Mag jy groei in jou verstaan van God se liefde
Mag jy God se trou en liefde leef!
Bid saam...
Wat beteken jou naam?
Hoekom is 'n naam se betekenis besonders?
Wat dink jy beteken God se naam vir jou?
Lees die volgende stuk teks: God openbaar Sy naam aan Moses op die berg Sinai.
Wat staan vir jou uit in die manier hoe God Sy naam aan Moses openbaar?
Hoekom lê daar soveel krag in God se naam?
Wat staan vir jou uit in verse 6 en 7?
God se naam was so Heilig vir die jode in die antieke tye dat hulle dit nooit uitgespreek het nie.
Hulle het die letter wat God se naam spel YAHWEH, gelees as Adonai.
Een van die aspekte van God se naam wat dit nog meer spesiaal en besonders maak is die uitspreking daarvan;
YA-HA-WEH dit klink soos asemhaling (sê dit saam as groep 'n paar keer)
Die heel eerste ding wat ons as mense doen is om asem te haal en die laaste ding is om jou asem uit te blaas...
Wat beteken dit vir jou dat jy God se Heilige naam elke keer "sê" as jy asemhaal?
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Lees die volgende twee teks gedeeltes:
God se naam behels 'n verhoudings "Wese" wat van geslag tot geslag met ons wandel.
Ons op ons eie naam nooi van geslag tot geslag met die woorde "Ek is die God van Abraham, Isak en Jakob"
Ek is ook jou God, Ek weet wat jy is - stof.... Stof waarin ek Goddelike asem ingeblaas het-
Wat staan vir jou uit van hierdie gedagtes en die twee teks gedeeltes?
Een van die aspekte wat uitstaan in Eksodus is God met ons, wat vertaal word in een van Jesus se name - Emmanuel.
Wanneer jy dink aan God as die God wat geslag tot geslag saam met ons elkeen op die naam wandel - en dan die aspek dat selfs ons klank wat ons maak wanneer ons asemhaal Sy naam ego - wat staan vir jou uit hiervan?
Lees die volgende stuk teks:
Hoe dink jy het Jesus dit prakties gedoen?
Lees die volgende vertaling van Eugene Peterson van die Message vertaling-
Mag jy opnuut besef hoe meer jy lees, hoe meer verdieping sal jy ervaar in jou spelling-
Hoe meer jy in God se woord wandel - hoe beter gaan jy God se naam verstaan-
Mag jy opnuut besef God se naam is nader aan jou as wat jy dink-
Mag jy opnuut besef hoe Heilig God se naam is vir jou!
Bid saam-