Sample Page

Fresh bied die geleentheid vir jou om as individu te groei in jou roeping en om jou talente en gawes op verskeie maniere te kan aanwend.  Raak betrokke by een van hierdie kreatiewe bedienings of kom geniet die samesyn van ander gelowiges met ‘n verskeidenheid van geleenthede wat ons gereeld aanbied:

Fresh Namibië is passievol oor die Jeug en glo dat dit belangrik is om kinders van alle ouderdomme meer te leer oor die Bybel, maar ook opgewonde te maak om die evangelie te gaan leef.  Behalwe grootgroep geleenthede, wil ons ook graag persoonlik by ons kinders uitkom.

Fresh is betrokke by ‘n hele aantal skole regoor die land en ‘n belangrike ondersteuningsnetwerk vir onderwysers tydens saalopeninge, spesiale geleenthede, toegewyde periodes en ander geleenthede.  Ons doen gereeld poppekas by kleuterskole.

Fresh Hoek vir Graad 1 – 6 vind Sondae in die Ark by De Kayak plaas.  Die kinders gaan direk na die poppekas uit na hul spesiale area om bekende stories van die Bybel te behandel en kreatiewe aktiwiteite te doen. Dit is vir ons belangrik dat ‘n stewige fondasie van die Bybel by kinders vasgelê word, maar dat hulle ook leer hoe om hul Christenskap prakties uit te leef by die skool, huis en in die omgewing. 

Graad 7 – 9 kom Sondae direk na die oggenddiens om 10:15 tot 11:00 by De Kayak bymekaar.  Ons wil graag gesonde geestelike dissiplines by ons jeug ontwikkel en ‘n liefde vir die Here kweek en motiveer.  Kampe, kuier-geleenthede, uitreike en ander aktiwiteite word gereeld aangebied om vir die jeug ‘n veilige ruimte te skep waar hulle kan sosialiseer en die Here ontmoet.

Kontak een van die leraars indien jou kind gereed is om by die Belydenisklas in te skakel.