FRESHWERK

freshWERK

Fresh Namibie is opgewonde om die evangelie te neem na mense waar hulle daagliks werk.

Met die uitdagings van ‘n vinnige leefstyl, ekonomiese druk, sperdatums en ander besigheidsdoelwitte, het die welsyn van ons werknemers selfs belangriker geword as ooit tevore.  As gevolg van beperkte tyd, sukkel mense ook om kerk toe gaan, te bid of tyd met die Here te spandeer.

As ‘n netwerk-gedrewe bediening wat oor verskeie denominasies strek, neem Fresh die evangelie na mense in die werkplek met behulp van kleingroepsessies en mentorgroepe wat ons aanbied.

Ons bedien tans by tandartse, argitekte, finansiele instellings, ingenieurs, regsfirmas, fabrieke en verskeie ander diensverskaffers.  Fresh Namibië is ook verbind aan die Global Leadership Summit wat toegang bied tot ekstra materiaal en netwerke.

Indien jy wil hê dat Fresh ook jou besigheid moet bedien met weeklikse sessies, kontak ons gerus.  Sessies kan aangepas word om in jul spesifieke behoeftes te voldoen en duur gewoonlik sowat 20-30 minute.  Ons lees uit die Bybel en bid saam en ondersteun werkgewers om die nodige geestelike sorg en hulp aan hul werknemers te bied.

+
Betrokke Besighede
+
Personeellede
Leiers
Dae ‘n week