freshleef

freshLEEF

Fresh bied die geleentheid vir jou om as individu te groei in jou roeping en om jou talente en gawes op verskeie maniere te kan aanwend.  Raak betrokke by een van hierdie kreatiewe bedienings of kom geniet die samesyn van ander gelowiges met ‘n verskeidenheid van geleenthede wat ons gereeld aanbied.

GROEI

VROUE
  • Kontak gerus vir Elsabe indien jy wil deel raak van ons Vrouebediening.
  • https://oikosvirvroue.wixsite.com/oikos – Lees saam die Bybel of kry weeklikse inspirasie op ons Vroue Blog
  • Donderdae 10:00 Bid & Bybel groep
  • Woensdae 08:00 Bid & Bybel groep
MANS
  • Kontak gerus vir Jaco indien jy wil deel raak van ons Mannebediening
  • Woensdae 18:00 by Christopher du Plessis se huis
  • Donderdae 18:00 by De Kayak
  • Vrydae 05:00 Gebedsgeleentheid by NG Moedergemeente
KLEINGROEPE
  • Ons moedig kleingroepe aan waar jy met ander gelowiges kan groei.  Daar is weeklikse kleingroepsessies op Freshsessies op die website.
  • Indien jy nog nie aan ‘n kleingroep behoort nie en graag nuwe mense wil ontmoet, kontak ons gerus. 
  • Gesamentlike Kleingroep : Woensdae 17:30 – 18:30 by De Kayak.
BYBELSKOOL
  • AANLYN BYBELSKOOL: Dinsdae 18:00. Kontak vir Jaco om die skakel te kry vir die weeklikse video materiaal.
  • Koste beloop N$400 per termyn.
  • IN DIEPTE BYBELSKOOL: Woensdae 18:00. Kontak vir Elsabé om deel te raak van die groep.
  • Koste beloop N$220 per termyn.

BEDIEN

UITREIKE
  • Shelter – Kos voorsien elke Saterdag. Skakel vir Elsabé om betrokke te raak.
  • Kaokoland – Ons beplan om jaarliks die Kaokoland bediening te besoek. Kontak vir Jaco as jy wil saam gaan.
MUSIEK

Het jy ‘n talent wat jy graag wil uitleef? Kontak ons indien jy betrokke wil raak by die band Sondae.

SONDAE SPANNE

Ons het verskeie groepies wat elk bydrae tot die verloop van sake op ‘n Sondag. Van koffie spanne tot kreatiewe spanne. Kontak ons gerus om meer hieroor uit te vind en betrokke te raak.

OMIDRAAI
  • Koffie area wat beskikbaar is vir spesiale geleenthede. Kontak vir Elsabé vir meer inligting.

JONGKLOMP

DOOP

Fresh ondersteun inseëning van babas, die verbondsdoop asook die bekeringsdoop as ‘n verbintenis tot God se beloftes en voorskrifte. Alhoewel dit nie ‘n vereiste vir redding is nie, moedig ons dit aan as deel van ‘n aktiewe verbintenis tot God en die geloofsfamilie. Kontak ons gerus vir voorbereiding tot hierdie geleenthede.

Indien jy graag jou kind wil laat doop, bespreek ‘n datum by ons. Ons doen graag ‘n gesprek met die ouers voor die doop.

FRESH HOEK GR.1-6

Fresh Hoek vir Graad 1 – 6 vind Sondae in die Ark by De Kayak plaas.  Die kinders gaan direk na die poppekas uit na hul spesiale area om bekende stories van die Bybel te behandel en kreatiewe aktiwiteite te doen. Dit is vir ons belangrik dat ‘n stewige fondasie van die Bybel by kinders vasgelê word, maar dat hulle ook leer hoe om hul Christenskap prakties uit te leef by die skool, huis en in die omgewing. 

  • Sondae 09:30 – 10:15
JEUG

Fresh Namibië is passievol oor die Jeug en glo dat dit belangrik is om kinders van alle ouderdomme meer te leer oor die Bybel, maar ook opgewonde te maak om die evangelie te gaan leef.  Behalwe grootgroep geleenthede, wil ons ook graag persoonlik by ons kinders uitkom.

SKOLE

Fresh is betrokke by ‘n hele aantal skole regoor die land en ‘n belangrike ondersteuningsnetwerk vir onderwysers tydens saalopeninge, spesiale geleenthede, toegewyde periodes en ander geleenthede.  Ons doen gereeld poppekas by kleuterskole.

SENIOR JEUG

Ons wil graag gesonde geestelike dissiplines by ons jeug ontwikkel en ‘n liefde vir die Here kweek en motiveer.  Kampe, kuier-geleenthede, uitreike en ander aktiwiteite word gereeld aangebied om vir die jeug ‘n veilige ruimte te skep waar hulle kan sosialiseer en die Here ontmoet. 

  • Raak deel van ons whatsapp groep vir weeklikse bybelstudie. Een maal per maand kuier ons saam om mekaar beter te leer ken.
BELYDENIS

Graad 10 & 11 word genooi om belydenis af te lê aan die begin van die jaar. Hulle woon ‘n kursus by vir agt maande.

Kontak ons indien jy by Mei maand se groep wil aansluit.