freshleef

freshLEEF

Fresh bied die geleentheid vir jou om as individu te groei in jou roeping en om jou talente en gawes op verskeie maniere te kan aanwend.  Raak betrokke by een van hierdie kreatiewe bedienings of kom geniet die samesyn van ander gelowiges met ‘n verskeidenheid van geleenthede wat ons gereeld aanbied.

GROEI

VROUE
  • Kontak gerus vir Elsabe indien jy wil deel raak van ons Vrouebediening.
  • https://oikosvirvroue.com/sielskos – Lees saam die Bybel of kry weeklikse inspirasie op ons Vroue Blog
  • Donderdae 10:00 Bid & Bybel groep
  • Woensdae 08:00 Bid & Bybel groep
MANS
  • Kontak gerus vir Stoan indien jy wil deel raak van ons Mannebediening (0813425504)
  • Dinsdae 18:30 by De Kayak
KLEINGROEPE
  • Ons moedig kleingroepe aan waar jy met ander gelowiges kan groei.  Daar is weeklikse kleingroepsessies by Fresh Sessies op die website.
  • Indien jy nog nie aan ‘n kleingroep behoort nie en graag nuwe mense wil ontmoet, kontak ons gerus. 
  • Gesamentlike Kleingroep : Elke Tweede Woensdag 17:30 – 18:30 by De Kayak.
DOOP
  • Freshkerk is gefokus om gelowige mense se geloof, begrip en uitleef van die evangelie te verdiep om meer en meer soos Christus te kan wees.  Dit vra daaglikse persoonlike en geestelike dissipline, maar ons bied ook voortdurende publieke geleenthede vir die uitleef van ons innerlike geloofsoortuigings. Oor eeue heen, vanuit verskillende geloofstradisies is daar verskeie rituele en simboliese ervarings wat die oorgang na ‘n nuwe geestelike seisoen inlei.  Aangesien ons gemeente saamgestel is uit lidmate van diverse tradisies binne die Christelike geloof, vier en bedien ons die babadoop of babatoewyding, asook die geloof- of bekeringsdoop.  Alhoewel hierdie praktyke nie ‘n vereiste of waarborg vir redding is nie, moedig ons dita an as deel van ‘n aktiewe verbintenis tot God en die geloofsfamilie.
  • KINDERTOEWYDING & KINDERDOOP
    • Meeste ouers het ‘n diep ervaring van dankbaarheid wanneer hul babas gebore word en wil op ‘n manier uitdrukking gee aan hierdie dankbaarheid.  Indien jy jou kind wil deel maak van God se groot familie en hom/haar in God se seen, versorging en beskerming wil toevou, is daar geleentheid om dit tydens ‘n kindertoewyding of kinderdoop te doen.  Daar is voorbeelde van beide praktyke in die Bybel en daarom is dit belangrik dat ouers verstaan wat die betekenis van die ritueel van hul keuse is.
    • Praktiese Riglyne
      • Ons bied een maal per maand geleentheid tydens ons oggend eredienste om 09:00.  Raadpleeg die Freshkerk kalender vir datums.
      • Raak aktief deel van die Freshkerk gemeenskap deur middel van erediensbywoning en betrokkenheid
      • Kontak een van die leraars vir ‘n voorafgaande doopgesprek (verkieslik twee maande voor die datum)
      • Vul die aangehegte vorm in voor die gesprek met die leraar
  • GELOOFS/ BEKERINGSDOOP
    • Ons het dikwels behoefte om êrens langs die lewensreis met God ‘n tasbare en werklike ervaring van ons verbintenis met Hom te ervaar.  Soms ontstaan hierdie behoefte vanuit sekere lewensfases en soms vanuit sekere geloofs- of lewenservarings.  Kom gesels gerus met ons as jy jouself tot die Here wil verbind deur middel van die doop.  Dit is weereens belangrik dat jy verstaan wat die betekenis daarvan is en ‘n innerlike oortuiging het om dit te doen.
    • Praktiese Riglyne
      • Fresh het nie ‘n eie fasiliteit vir die geloofs- of bekeringsdoop nie, maar het toegang tot ‘n swembad of is bereid om dit op ‘n plek van u keuse te doen.
      • Raak aktief deel van die Freshkerk gemeenskap deur middel van erediensbywoning en betrokkenheid
      • Kontak een van die leraars vir ‘n voorafgaande gesprek (verkieslik twee maande voor ‘n datum van u keuse)
TEACHING TUESDAYS
  • Ons bied op die eerste Dinsdag van die maand ‘n gespreksgeleentheid oor relevante onderwerpe soos Finansies, Verslawing, Die Bybel en Die Huwelik. Hou ons kalender dop vir die temas. Ligte verversings word aangebied.
  • Dinsdae 18:00-19:00.

BEDIEN

UITREIKE
  • Shelter – Kos voorsien elke Saterdag. Skakel vir Elsabé om betrokke te raak.
  • Kaokoland – Ons beplan om jaarliks die Kaokoland bediening te besoek. Kontak vir Jaco as jy wil saam gaan.
MUSIEK

Het jy ‘n talent wat jy graag wil uitleef? Kontak ons indien jy betrokke wil raak by die band Sondae.

SONDAE SPANNE

Ons het verskeie groepies wat elk bydrae tot die verloop van sake op ‘n Sondag. Van koffie spanne tot kreatiewe spanne. Kontak ons gerus om meer hieroor uit te vind en betrokke te raak.

OMIDRAAI
  • Koffie area wat beskikbaar is vir spesiale geleenthede. Kontak vir Elsabé vir meer inligting.

JONGKLOMP

FRESH HOEK GR.1-6

Fresh Hoek vir Graad 1 – 6 vind Sondae in die Ark by De Kayak plaas.  Die kinders gaan direk na die poppekas uit na hul spesiale area om bekende stories van die Bybel te behandel en kreatiewe aktiwiteite te doen. Daar is ‘n groepie vir Gr1-3 en Gr 4-6. Dit is vir ons belangrik dat ‘n stewige fondasie van die Bybel by kinders vasgelê word, maar dat hulle ook leer hoe om hul Christenskap prakties uit te leef by die skool, huis en in die omgewing.

Elke kind ontvang ‘n werksboekie waaruit hul vir die jaar werk.

  • Sondae 09:30 – 10:15
SKOLE

Fresh is betrokke by ‘n hele aantal skole regoor die land en ‘n belangrike ondersteuningsnetwerk vir onderwysers tydens saalopeninge, spesiale geleenthede, toegewyde periodes en ander geleenthede.  Ons doen gereeld poppekas by kleuterskole.

SENIOR JEUG

Ons wil graag gesonde geestelike dissiplines by ons jeug ontwikkel en ‘n liefde vir die Here kweek en motiveer.  Kampe, kuier-geleenthede, uitreike en ander aktiwiteite word gereeld aangebied om vir die jeug ‘n veilige ruimte te skep waar hulle kan sosialiseer en die Here ontmoet. 

Sondae 17:30 – 19:30 vir Gr 7-8 en Gr 9-10

BELYDENIS

Graad 11 & 12 word genooi om belydenis af te lê aan die begin van die jaar. Hulle woon ‘n kursus by vir agt maande.

Kontak ons indien jy by Mei maand se groep wil aansluit.