WIE IS ONS

WIE IS ONS

Ons is ‘n kreatiewe span wat opgewonde is om die evangelie met jou te deel!

Fresh het begin om naas die bestaande NG Kerk bedienings ‘n netwerk in plek te stel wat mense op nie-tradisionele en kreatiewe maniere met die evangelie kon bedien.  Dit het tot gevolg dat ons tans ‘n groot aantal besighede en skole weekliks bedien en bestaande gemeentes ondersteun met ‘n vars aanslag op kerkwees. 

Hiermee saam het ons ook op Sondae twee unieke bedieningspunte ontwikkel – ‘n oggenddiens vir gesinne en aandKerk vir jong volwassenes.

Fresh se bedienaars het almal teologiese opleiding ontvang en dit is ons passie om te investeer in die ontwikkeling van plaaslike studente om toegerus te wees met die nodige kennis, maar ook praktiese vaardighede wat daagliks in die bediening nodig is. 

Ons glo dat alhoewel God se waarheid en die beginsels van kerkwees vas staan, die konstante verandering van ons samelewing vra vir nuwe, vars en kreatiewe maniere van kerkwees.  Fresh Namibië speel ‘n belangrike rol om die brug en skakel tussen gemeentes en die gemeenskap te wees en mense weer opgewonde oor die kerk en evangelie te maak.

Die span

Elsabe Horn (leraar)

Jaco Pretorius (leraar)

Louise Byleveld (kantoorbestuurder)

Bestuurslede

Hannes Kotze (Voorsitter)

Anke de Witt

Schalk Oosthuizen

Manie du Toit

Ouderlinge

Manie du Toit

Wim Boshoff

SJ Poggenpoel

Nico Goosen

Stoan Horn