aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

aandKerk | Fresh Namibia

  • Tuis
  • Wat is Fresh
  • Jeug
  • Kerk Dienste
  • Sessies
  • Uitreik
  • Finansies
  • Gebeure
  • Kontak Ons

Sessies

GOD SE TEENWOORDIGHEID

191.jpeg

Ons het eers gekyk na die Heilige Gees by ons en in ons lewens, en verlede week het ons gesels oor die Waarheid in Handelinge 4 en 5.

Vandag gaan ons na Handelinge 7:44-50 kyk...

Lees Handelinge 7:44-50 saam.

192.jpeg

Wat staan vir jou uit in hierdie teks?

As God nie in geboue woon nie, is die vraag dan: "Waar woon God vandag?"

Dit is dan ons fokus van vandag: "Waar is God se huis vandag?"

193.jpeg

Baie Christenne vandag dink dat die kerk die "Huis van God" is... Hulle dink dat as jy by die kerk se deure instap, moet jy "prim & propper" wees, want dit is waar God teenwoordig is. Hulle leefstyle wys dit ook baie duidelik dat hulle vertsaan is dat God in die kerk is, maar nie buite die kerk nie. By die kerk is ek 'n Christen, maar buite die kerk kan ek aanjaag en doen wat my hart se begeerte is. Dit is baie verkeerd om so te dink...

Ander sal weer sê dat wanneer dit goed gaan en alles in hulle lewens agter mekaar is dat God goed is en Hy is so teenwoordig in hulle lewens, maar wanneer dit bietjie agteruit gaan dan voel dit asof God ver is. Ons dink God is naby, en dan is Hy weer ver...

Selfs David in die Ou Testament het verstaan en geweet dat God alomteenwoordig is... 

Lees Psalm 139:7-12 saam.

194.jpeg

Wat staan vir jou uit in Psalm 139:7-12?

Ons gaan na 4 verskillende plekke kyk waar God deur die geskiedenis teenwoordig was en waar Hy nou teenwoordig is...

ADAM & EVA

195.jpeg

God het ons geskape om by Hom te wees. Ons sien dit waar Hy vir Adam en Eva geskape het. Hy het die mens geskape in Sy Beeld: Genesis 1:27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

Die mens is ligaam, siel en gees. Die ligaam laat ons toe om in die fisiese wêreld te leef, die siel laat ons toe om die emosionele te beleef en te kan besluite maak en planne te maak en dit dan uit te rig, en die Geestelike is wie ons eintlik is. Ons regte identiteit. Dit is hier waar God met ons is en waar ons met Hom is.

Sonde het wel gemaak dat ons dood gaan. Adam het nog in sy liggaam en siel bestaan en geleef, maar sy gees was dadelik dood toe hy sonde gepleeg het teen God. God het nie meer saam met Adam en Eva gestap nie. God is heilig en Hy is nie waar sonde is nie. Adam was soos 'n boom wat uit die grond uit geruk is (die teenwoordigheid van God) en hy het vir 'n tydjie lewindig gelyk, maar hy was eintlik reeds dood. Sy liggaam en siel het 'n tydjie na sy geestelike dood ook gesterf. 

God het nie meer saam met die mens gestap nie, maar Hy het hulle ook nie heeltemal net verlaat en alleen gelos nie..

Ons sien baie hoe God in die Ou Testament met sekere mense praat en vir hulle opdragte gee. Ons sien hoe God deur engele of deur profete steeds leiding gee aan Sy mense.

God het self ook met mense gepraat. In Genesis 6 sien ons dat God met Noag praat en vir hom die opdrag gee om 'n ark te bou.

En waar God vir Abraham roep om uit sy land uit te trek.

En waar God met Moses praat deur die brandende bos. 

Die verhale waar God met Sy mense praat is in die Bybel baie. Hy het hulle nie verlaat nie, maar omdat hulle sondig was, was God nie by hulle nie. Al is God alomteenwoordig, het Hy nie vir hulle die voorreg gegee om in Sy teenwoordigheid te wees nie. 

Maar God het vir Moses geroep om Sy volk uit Egipte te lei, en om 'n groot tent, die Tabernakel, te bou.

DIE TABERNAKEL

196.jpeg

God het vir Moses presiese instruksies gegee hoe om die Tabernakel te bou, en wat om in die Tabernakel te sit, en hoe om dit te wy (te heilig). Moses het presies gedoen wat God hom beveel het om te doen.

Toe hy dit klaar gedoen het, toe eers kom God se teenwoordigheid by die tabernakel in.

Lees Eksodus 40:34 & 35 saam.

198.jpeg

Dit is hoe God Sy teenwoordigheid aan die volk van Israel gewys het. Omdat Hy heilig is, kon hulle nie Sy teenwoordligheid beleef nie. Hy was nog altyd en is nog altyd alomteenwoordig, maar die sonde van die mense het veroorsaak dat hulle nie God se teenwoordigheid kon beleef nie.

HULLE WAS ONBEWUS VAN GOD SE TEENWOORDIGHEID.

199.jpeg

Maar met die Tabernakel het hulle God se teenwoordigheid laat beleef en laat sien.

DIE TEMPEL

1911.jpeg

Die volk is die beloofte land in met die Tabernakel, en Dawid vra toe vir God of hy 'n permanente Tabernakel, die Tempel mag bou.

Maar Dawid se seun, Salomo het toe die tempel gebou, met presies die dimensies en die inhoud van die Tabernakel...

Die Tempel het hy in Jerusalem gebou, en vir honderde jaare het mense jaarliks Jerusalem toe gegaan na die Tempel toe, want hulle het verstaan dit is hier waar God teenwoordig is. 

Lees Matteus 12:12&13 saam.

1913.jpeg

Maar, weereens was die volk ongehoorsaam en hulle het die Tempel, wat God se teenwoordigheid verteenwoordig, vol van hulle eie harts begeertes en sondes gevul, en daarom was daardie Tempel ook net tydelik...

Lees Matteus 24:1&2 saam.

1914.jpeg

In die jaar 70 A.D. was die Tempel finaal afgebreek... Die Tempel was glad nie meer nodig gewees nie. Ons gaan nou sien hoekom nie.

JESUS

1915.jpeg

Toe Jesus op die aarde was, toe is Hy God se teenwoordigheid tussen die mense. Jesus is God en Jesus was by die mense, so God was by die mense.

Lees Johannes 1:14 saam.

1916.jpeg

Toe Jesus al ons sondes op Homself gedra het en gesterf het, toe is Hy, soos die Tabernakel en soos die Tempel, vernietig...

Maar, ons weet Hy het die sonde oorwin, en Hy het die dood oorwin, en Hy het weer opgestaan.

En Hy is Hemel toe met Sy hemelvaart.

Die vraag wat ons dan vanoggend vra, is: "As die Tempel af gebreek is en Jesus is nie meer by ons nie, waar is God dan teenwoordig vandag?"

ONS IS GOD SE TABERNAKEL

1917.jpeg

Toe Jesus gesterf het, toe het die voorhangsel voor die Allerheiligste geskeur, en dit wys dat almal wat in Hom glo nou toegang het tot die Allerheiligste; daar waar God teenwoordig is.

Maar meer as dit, God is nie net teenwoordig daar waar mense die plek gereinig het nie...

Hy is nou teenwoordig in elke gelowige se lewens. Hy is teenwoordig, letterlik in ons liggaam...

Jesus het toe Hy opgegaan het hemel toe gesê dat Hy die Heilige Gees gaan stuur om verewig by ons te wees...

Lees 1 Korintiërs 6:19&20 saam.

1918.jpeg

Wat staan vir jou uit in hierdie teks gedeelte?

God is teenwoordig by ons elkeen, elke dag van ons lewens. Van die dag af wat ons Hom as ons verlosser aanvaar het. 

En ons kan nie besluit wanneer Hy teenwoordig moet wees en wanneer Hy nie teenwoordig moet wees nie... Hy is konstant by ons. In ons goeie oomblikke en in ons swak en slegte oomblikke is Hy teenwoordig...

Lees Kolossense 2:13&14 saam.

1919.jpeg

Wat staan hier vir jou uit?

Ons is vrygespreek van ons sonde, en God gee vir ons lewe en Hy is teenwoordig in ons lewens..

Hy is natuurlik oral teenwoordig, maar die mense wat in die sondige maniere van die wêreld leef is glad nie bewus van Sy teenwoordigheid nie.

Gesels met mekaar oor wat jy vandag geleer het.

Bid saam.

1920.jpeg

Die Gees van die Waarheid

hand4Ons kyk hierdie week verder na die werking van die Heilige Gees in ons lewe.  Kenmerke van die gemeenskap op hierdie stadium was eensgesindheid, mededeelsaamheid, samehorigheid en samewerking - alles deur die krag en uitstorting van die Heilige Gees.

Lees Handelinge 4:32-5:16, die storie van Ananias en Sapphira.

hand41

Dit is waarskynlik een van die ergste stories in die Bybel. Hoe het dit jou laat voel? Wat dink jy het Ananias en sy vrou gedoen wat so verkeerd was dat dit hul dood gekos het? Was dit omdat hulle nie vrygewig was nie?  Was dit omdat hulle gejok het vir Petrus?  Hulle het tog sekerlik die reg om hul geld te spandeer soos hulle wil en niemand was onder enige verpligting om met die ander te deel nie.  

Was jy al in so 'n situasie?

Daar was 'n dieperliggende probleem en sonde met Ananias en Sapphira.  Die groter probleem was dat hulle iets weggesteek het van hul mede-gelowiges, hulle was agter-af, het net aan hulself gedink en besig met hul eie agenda. Hulle het vir hulself gejok, vir die ander en vir God. Hulle het dus nie net gejok nie, maar hulle het ‘n valse beeld van hulself vir die gemeenskap gegee en op die ou end nie God se plan en roeping nagekom nie.

Om leuens te vertel om eer te ontvang, beteken eintlik dat jy nie God genoeg vertrou om die plan te laat werk nie... Klink dit soos iets waarmee jy kan vereenselwig?  

Die Heilige Gees kom konfronteer ons met die waarheid, kla ons aan van die leuens in ons lewe.  Hoekom? Hy wil ons nie in die moeilikheid laat beland nie, maar wil ons verlos en vry maak van die dinge wat verhoed dat ons in 'n oop en eerlike verhouding met God en ons medemens kan staan.

hand42

Lees 1 Korintiers 2:12-16. Wat sê hierdie gedeelte oor die Gees van die Waarheid? Wat beteken dit vir jou lewe? Hoe dink jy wil die Gees van die Waarheid vir jou kom raad gee?

handjohn

Lees nou Johannes 8:32.  Heilige Gees roep ons tot ‘n oop, eerlike verhouding en vryspraak in Christus!  Watter leuens is daar wat die wêreld vir ons vertel waarvan ons moet vry kom?  Watter leuens is daar wat jy vir jouself vertel wat verhoud dat jy 'n gesonde verhouding met jou medemense kan hê?  En met God?  Die Heilige Gees kom roep jou en wil jou daarvan vry maak!

handvry

'n Gesiene man het een keer voor 'n hele gehoor by die opening van die universiteit opgestaan en 'n koevertjie op die podium gaan neersit om te wys hy het genoeg geld om 'n reuse skenking te maak.  Die dekaan van die universiteit het hom hartlik bedank by die funksie, maar aan die einde van die dag gesien daar is net 'n IOU-briefie binne-in die koevert.  Die man het nooit sy deel gegee nie, al het hy voor almal aangedui dat hy 'n bydrae maak.  Is ons nie partykeer ook so nie?  Gee voor om iemand of iets te wees, maar bedrief onsself, ons medemense en ook vir God?

Die Heilige Gees roep jou om vry te raak van die houvas wat 'n wêreldse identiteit op jou het.

handglo

In die res van Handelinge is daar minstens drie geleenthede waar die apostels uit die tronk breek met die hulp van engele, die eerste hiervan in Handelinge 5.  Dit is voorwaar 'n teken dat God wil hê ons moet weet dat wanneer ons Sy. wil volg, ons vry sal wees vir die werk waarvoor Hy ons voorberei.  

Wees vir 'n slag eerlik met jouself...  Wat is die wêreldse leuens wat jy al begin glo het... waarvan jy moet vry kom?  

1. Is dit geld wat 'n houvas op jou lewe het?  Dit was voorwaar so in Ananias en Sapphira se lewe!

2. Vergelyk jy jou met ander?  Probeer jy soos ander wees?

3. Streef jy perfeksie na, eerste plek, net die beste? Leer jy dit vir jou kinders?

4. Het woede of haat vir jou medemens 'n houvas op jou lewe?

5. Dink jy goeie dade gaan vir jou in God se goeie boekies kry of in ander mense s'n?

handhero

Wie is die helde in jou lewe? Wat staan uit van die superhelde wat ons ken? Hul dade is dikwels nie omdat hulle iets moet doen nie, maar dit wat hulle bo-op en buite die normale doen.  Hulle dink nie aan hulself nie, hulle is ten volle bewus van hul swakheid, hulle deel met ander en doen goed sonder enige verpligting. Vrywillig. Dis wat Christus, ons superhero, vir ons gedoen het!

Wat het jy al uit jou eie krag probeer vermag? Met watter gesindheid en houding, hartsoortuiging pak jy dinge aan? Een van die wêreld se leuens is dat ons dit op ons eie, uit ons eie krag moet doen.  Dis nie waar nie!  Ons het die krag van die Heilige Gees - dis die Gees van Waarheid!  Glo Hom, kyk na Hom en kyk deur Sy bril na jou eie lewe!

'n Ware held is iemand wat bewus is van sy swakheid en dan daaraan aandag gee - die wêreld kort meer sulke helde.

handkol

Hou op jok vir jouself dat jy alles onder beheer het.  Hou op voorgee, God gee vir ons die Heilige Gees om op te hou jok en in die waarheid te lewe! Hou op vashou aan die dinge wat jy dink vir jou identiteit gee.  Kry jou identiteit by Christus, wat jou lewe wil vul met die werklike waarheid.  

BID VIR:

Genesing van die pyn en hartseer wat ons leuens veroorsaak in ons eie lewe, die lewe van die gemeenskap en ons verhouding met Christus.  

Dankie dat die Heilige Gees ons roep tot oop en eerlike lewens!

Amen.

Die Heilige Gees

Screenshot 2022 06 05 at 4.37.17 PM

Begin jou sessie om saam te bid. Here vul ons met U Heilige Gees sodat U Gees ons kan help met Goddelike onderskeiding.

Lees die volgende twee teks gedeeltes

Screenshot 2022 06 05 at 4.39.05 PM

Wat staan vir jou uit in die verse oor die uitsorting van die Heilige Gees?

Screenshot 2022 06 05 at 4.39.12 PM

Wat staan vir jou uit aan die kragtige uitwerking van die Heilige Gees

Screenshot 2022 06 05 at 4.39.22 PM

Wanneer jy hierdie sin lees - wat behels die Heilige Gees se werk binne elke gelowige?

Screenshot 2022 06 05 at 4.43.03 PM

As jy dink aan die werking van die Heilige Gees - wat is die rol van die Heilige Gees en hoekom is dit belangrik om sensitief te wees vir die Heilige Gees se werking in elkeen van ons as gelowiges?

Hoe begin die proses om die Heilige Gees binne jou te aktiveer?

Dis 'n daaglikse keuse wat jy tot die Here bid en vra dat elkeen van ons Gees vervuld sal lewe- waar die Heilige Gees ons beskerm, begelei asook versterk om daar waar ons is, God se liefde te reflekteer. 

Screenshot 2022 06 05 at 4.42.56 PM

Hoe lyk iemand se lewe wat die Heilige Gees in hom / haar het?

Screenshot 2022 06 05 at 4.47.43 PM

Wat staan vir jou uit in vers 44 - "eensgesind"

Hoe begelei, versterk en beskerm die Heilige Gees ons elkeen in hierdie eensgesind proses?

Screenshot 2022 06 05 at 8.27.18 PM

Hoe lyk jou lewenswandel tans?

Wat is daar in jou lewe wat jy meer of minder moet doen sodat jou lewe meer in lyn met evangelie kan wees?

Hoe help die Heilige Gees jou?

Screenshot 2022 06 05 at 8.29.39 PM 

Die Heilige Gees begelei my en jou om meer soos Jesus te wees en minder soos onsself. Hierdie is 'n proses. Hoe help die volgende teks gedeelte ons om dit te verstaan.

Screenshot 2022 06 05 at 8.29.47 PM

Wat staan vir jou uit in die teks?

Screenshot 2022 06 05 at 8.30.01 PM

Mag jy opnuut die dinge in jou lewe evalueer waarin jy jou beskerming en versterking vind. Sou dit wees dat dit nie die Heilige Gees is nie, mag jy opnuut vir die Heilige Gees vra om jou lewe te vul -

Mag jy daar waar jy gaan aangenaam verras wees hoe die Heilige Gees jou versterk om daar die evangelie te leef en praat!

Screenshot 2022 06 05 at 8.30.08 PM

Bid saam

  1. JESUS SE HEMELVAART
  2. God is in die stilte
  3. MENSE HELP JOU ONDERSKEI
  4. Die Bybel as fondament vir Goddelike keuses

Bladsy 1 van 88

  • 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • ...
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • Volgende
  • Einde
  • Afrikaans (ZA)
  • English (UK)

Website Developed and Hosted by
greendoor 12 - software it and hosting