Lees die volgende teks gedeelte
Wat is die kern temas wat vir jou uitstaan in hierdie teks gedeelte?
Hoekom dink jy is hierdie tydelike lewe, "lewe in 'n tent" so moeilik vir gelowiges?
Lees die volgende aanhaling - bespreek dit in jou groep
Wanneer jy hierdie aanhaling lees - wat is die verskil tussen gelowiges wat leef vir die nou
en gelowiges wat leef vir die wêreld wat kom?
Lees die volgende teks:
Wat dink jy is ons doel in hierdie tydelike "tent" op aarde?
In 1952 het Florence Chadwick die 26 myl tussen Catalina eiland en California probeer swem,
sy het baie goed begin, maar toe sak daar 'n digte mis oor die see. Al wat sy kon sien wat die mis.
Sy het toe moedeloos geraak en opgehou. Net om te hoor sy was net 'n myl weg van California.
Wat is jou digte mis in jou lewe waaraan jy vas kyk?
Tydelike dinge wat jou ewigheids perspektief belemmer...
Wat maak jou moedeloos as jy hierdie teks lees?
Wat is daar wat jy weet tydelik is, maar aan vashou asof dit deel van die ewigheid is?
Wanneer jy aan die dood dink is dit eintlik die begin van die ewigheid, lees Lukas 23:43
Wanneer jy aan jou siel dink, help hierdie teks ons om op nuut te besef ons siel is geskep vir die ewigheid
Elkeen van ons is gebou en ontwerp om te leef vir ewig, maar ons tyd hier bepaal hierdie ewigheid se bestemming.
Watter emosies bring dit by jou op, lees weer 2 Korintiërs 5:10?
Daar is 'n storie wat gaan oor W.A Criswell wat 'n baie bekende teoloog op 'n vlug ontmoet. Op die vlug gesels hulle en op 'n punt toe vertel die teoloog die verhaal van sy seuntjie wat met 'n baie rare virus gediagnoseer is. Die dokters het vir hom gesê om sy seuntjie huistoe te neem en al wat hulle kon doen was om hom so gemaklik as moontlik te maak.
Hy het hom op sy bed in sy kamer laat lê. Soos gewoonlik net voor die seuntjie aan die slaap geraak het, het hy sy kussing gevou en vir sy pappa gesê; "sien pappa moreoggend" Dit was 15h00 die middag, sy seuntjie is later die middag oorlede.
Die teoloog het toe vir W.A. Criswell gesê dis nog nie moreoggend nie, maar amper. Ons gaan mekaar weer sien.
Dis die mooi van die afrikaanse woord; "tot-we-der-sien" - totsiens.
Soveel van ons weet daar is 'n lewe hierna, maar leef asof ons nou daar is-
Wat is daar in jou lewe waaraan jy meer en minder aandag moet gee?
Soveel van ons leef deur sig en nie geloof nie...
Soveel van ons is besig om vas te kyk na die digte mis...
Soveel van ons leef asof hierdie ons laaste asem is hier in die nou...
Wat ons eintlik doen is ons is besig om die punt te mis...
Soveel geloofshelde waarvan ons lees in Hebreërs 11 het presies dit gedoen, geleef
deur geloof en nie sig nie-
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
'n praktiese lewe van geloof nie sig nie
Mag jy opnuut besef - God roep jou om in hierdie tydelike lewe te leef deur Geloof
Mag jy opnuut die digte mis in jou lewe aanvat in geloof
Mag jy ervaar hoe jou geloof in Jesus Christus groei sodat 2 Korintiërs 4:15 al meer realiseer in jou area van invloed
Bid saam
Kyk die volgende clip: (click op die rooi)
Jesus word gedoop in die Jordaan
Wat staan vir jou uit in die doop van Jesus
In die 5de eeu na Christus het St Patrick 'n koning met die naam Aengus gedoop,
In die proses het St Patrick perongeluk die koning se voet gesteek met sy staf en dit opgemerk.
Na afloop van die doop het St Patrick die Koning vergifnis gevra en ook gevra hoekom hy stil gebly het, gedurende die doop?
Die Koning het geantwoord; hy het gedink dis deel van die doop.
Hierdie storie bevestig die verbond teologie - bloed, die bloed van Jesus is deel van die doop verstaan.
Lees Genesis 15-17
Wat staan vir jou uit in die verbond tussen God en Abraham?
Hierdie is die kern agter die verstaan van die doop in die Gereformeerde teologie.
Bloed moes vloei, God onderneem die verbond met Homself en stuur Jesus om ten volle die prys te betaal vir ons elkeen se sonde.
Wanneer ons dink oor hierdie teks in Matteus 3:13-17 staan daar drie aspekte uit-
Wat het die Johannes die doper doop behels?
Wat het 'n bekeringsdoop behels?
Hoekom was dit nie nodig vir Jesus?
Steeds het Jesus dit gedoen, watter woorde van Jesus oortuig Johannes om Jesus te doop?
Wat staan vir jou uit hiervan as jy dink aan Jesus se gebed in Getsemane?
Lees die volgende teks in Markus 9:7, wat staan vir jou uit in die woorde; "luister na hom"?
Jesus se bediening op aarde skop af met die woorde
Wat staan vir jou uit hiervan?
Hoeveel keer het jy al die woorde gehoor -
"maak soos wat ek sê, nie soos wat ek maak nie"
Jesus se opdrag in Matteus 28:19-20 behels om mense te doop-
Wat waarde voeg Jesus se doop aan jou geloof in hom?
In die tweede wêreld oorlog - was daar 'n Hollandse gesin - "Ten Boom's"
Hulle het vir generasies Jode bedien met die evangelie van Jesus
Hulle is ook in die konsentrasiekampe gegooi - daar is die Jode met die Dawid ster fisies gebrand - die Ten Boom's is ook gebrand,
alhoewel hulle nie Jode was nie- Dit was hulle manier om ten spyte van die vervolging met die Jode te identifiseer-
Jesus doen dit ook met Sy doop- Hy is en was die perfekte lam wat gesterf het en opgestaan het sodat die verbond met God vervul kon word.
Bid saam...
Lees die volgende teks-
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoekom kan mens maklik dink hierdie teks is nie so belangrik nie?
Wat maak hierdie teks uiters belangrik vir elkeen van ons as gelowiges?
As jy kyk na Jesus se stamboom/geslagsregister wat staan vir jou uit?
Hierdie stamboom/geslagsregister bevestig soveel groot geloofs individue in die Bybel wat ook na verwys word in Hebreërs 11,
maar die oomblik as jy nader gaan kyk besef mens hulle was ook net mens. Vol foute en te kort kominge soos elkeen van ons.
Wat staan vir jou uit as jy dink aan Abraham, Jakob, Ragab, Rut en Dawid?
Wanneer ek en jy besef God gebruik gebroke mense as deel van Jesus se stam-boom wat staan vir jou uit hiervan?
Matteus die skrywer van die Matteus evangelie begin sy evangelie met hierdie geslagsregister,
hoekom dink jy doen hy dit?
Lees die volgende teks - Jesaja 11:1-4
Wat staan vir jou uit in die teks?
Soveel mense soos in die antieke tye het hulle identiteit gevind in hulle geslagsregister-
Jesus gebruik gebroke mense - mense wie se stamboom niks anders as 'n dooie stomp behels
Jesus bring lewe deur sy genade en bloed wat vir elkeen van ons op die naam gevloei het-
Wat beteken dit vir jou?
Gee voorbeelde van knope "individue" in Jesus se stamboom wat die Here weer lewe gegee het?
Waar die Here ongekwalifiseerde individue - gekwalifiseer het asgevolg van Jesus se bloed en genade-
Wie staan vir jou uit? Kyk weer na die name in Matteus 1:1-17
Dit geld vir jou en my ook!
Paulus bevestig dit aan die gemeente in Efese - Lees die volgende teks:
Wat is die kern van hierdie teks gedeelte?
Wat is die kern van die Matteus 1:1-17?
God gebruik mense - normale mense soos ek en jy deur die eeue-
Mag jy opnuut besef jou Identiteit lê nie in jou stamboom nie
Mag jy opnuut jou rol speel om die koninkryk van Jesus te laat groei -
Mag jy opnuut besef jy is 'n kind van God - op grond van Jesus
Bid saam -
Wanneer jy hierdie aanhaling lees, watter gedagtes kom by jou op?
Hoekom dink jy is Jesus se totale menswees en Godwees vir ons belangrik as gelowiges?
Dink terug aan die verbond -
God wat met Abraham 'n verbond sluit in Genesis 14-17
Jesus was die perfekte offer vir ons sondes- hoekom?
Lees die volgende teks gedeelte:
Wat staan vir jou uit in hierdie gedeelte?
Watter emosies dink jy het Josef en Maria ervaar gedurende hierdie besonderse swangerskap?
Hoekom stel die engel Josef gerus?
Wat maak Jesus se name - "Jesus en Immanuel" so besonders vir ons elkeen?
Lees die volgende teks:
Hoekom is hierdie woorde van die profeet Jesaja so belangrik vir Josef en vir ons elkeen?
Iets hiervan getuig dat ek en jy God moet vertrou in goeie en slegte tye...
Jong Joodse seuns is geleer in hulle "kategese" skrif opvoeding om die volgende woorde te
gebruik as hulle aand gebed... (lees die volgende teks):
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoekom dink jy is ons as mense so haastig om situasies goed of sleg te verklaar?
Lees die volgende storie...
"Daar is 'n ou Joodse se legende van twee boere wat gesels.
Die een buurman sê vir die ander een, 'Dit gaan baie goed met jou omdat jy 'n gesonde perd het. Die boer reageer met die woorde, "Goed of sleg, ek weet nie daarvan nie - net God is goed.'
Die volgende dag hardloop die boer se perd weg. Sy buurman kontak hom en sê, 'Nou gaan dit sleg met jou, jou perd is weg!' Die boer reageer weer met die woorde, 'Goed of sleg, ek weet nie daarvan nie - net God is goed.'
Die volgende week keer die perd terug met 20 ander wilde perde uit die woestyn omdat die boer goeie weiding en water op sy plaas het. Die boer se buurman kontak hom weer en sê, 'Nou gaan dit rerig goed met jou, jy het nou 21 perde.' Die boer reageer met sy gewone stelling: 'Goed of sleg, ek weet nie daarvan nie - ek weet net dat God goed is.
Kort daarna is die boer se seun besig om die wilde perde in te breek en mak te maak, in die proses spring een van die perde teen die seun en breek die seun se been. Die buurman kontak soos gewoonlik die boer en vertel hom oe sleg dit met hom gaan oor sy seun se besering.
Die boer het net een reaksie, 'Goed of sleg, ek weet nie daarvan nie - ek weet net dat God goed is.'
Die dag daarna is daar 'n jong bende in die omgewing en neem al die jong gesonde manne saam met hulle om hulle bende te versterk om kwaad te doen. Hulle neem die buurman se gesonde seun en los die boer se seun omdat sy been gebreek is. Die buurman kontak weer die boer en sê, 'Nou gaan dit baie goed met jou en baie sleg met my!' Die boer reageer eenvoudig met die volgende woorde: "Goed of sleg, wat weet ek daarvan? Ek weet maar net dat God goed is!'
Hoekom dink jy is ons so vinnig om vir God te besluit wat is goed en wat is sleg?
Josef en Maria in hulle omstandighede het ongetwyfeld deur baie slegte emosies gegaan -
Wat staan vir jou uit in hierdie storie?
Wanneer ek en jy dink aan die woorde van Psalm 31:6 doen dit 'n beroep op ons om God te
vertrou in goeie en slegte tye.
Om nie situasies in ons eie lewe te oordeel en takseer as goed of sleg nie, maar ten alle tye God te vertrou, want Hy is Immanuel - God met ons.
Jesus se menswees beteken dat hy elke menslike emosie ken, 'n aspek van Sy menswees wat ons baie vrede gee.
Wanneer laas het jy met volle oortuiging aan God hierdie gebed gesê- "Here my tye, al my ure, is in U hand"
Mag jy opnuut God vertrou met jou ure!
Mag jy opnuut besef God is met jou!
Mag jy weer onthou dat Jesus ten volle mens en God was en hoe intens Hy jou emosies verstaan!
Bid die woorde van Psalm 31:6
Lees Jeremia 6:16-21
Wat staan vir jou uit in hierdie teks?
Hoekom is hierdie uitnodiging om te vra na die regte pad so belangrik?
Watter tipe rus dink jy vind mense op God se pad?
Elkeen van ons staan elke oggend voor hierdie uitnodiging-
"Vra watter pad die beste is en loop dit,"
Elke dag word ek en jy uitgenooi deur God om Sy pad te stap-
Een van die aspekte van mens-wees behels ons paaie wat ons loop -
Hoe lyk jou pad tans?
Is dit 'n pad wat vir jou rus en vrede gee?
Deel van die laaste veldslae in die tweede wêreld oorlog was "the battle of the bulge"
Deel hiervan was duitse soldate wat in Amerikaanse uniform vermom was en die pad-tekens in verskillende dorpe verdraai het.
Die rede hiervoor was om die Amerikaners te laat afdwaal van die regte paaie.
Die duiwel is vandag nog besig om presies dit te doen - om op so manier kern waarhede te verdraai sodat ek en jy nie op God se pad bly loop nie.
Wanneer jy dink aan jou eie pad dink - waar dink jy is die duiwel besig om padboortjies te verdraai?
Hoe sien jy Jesus? Lees Hebreërs 9:22
Hoe lyk jou geloof in die skrif? Lees 2 Timoteus 3:16
Hoe lyk jou realiteit in terme van Hemel en Hel? Lees Johannes 14:1-3
Hoe lyk jou pad in terme van die kerk? Lees Hebreërs 10:25
Hoe lyk jou pad in terme van die feit dat Jesus weer kom? Lees Openbaring 20:12
Hoe lyk jou heiligheid op jou lewens-pad? Lees 1 Petrus 1:16
Maak nie saak hoe jou pad tot nou toe gelyk het nie, Jesus se genade is groot.
Dink aan ander Bybelse karakters en deel hulle lewens padjies met jou groep.
So baie van die geloofshelde in Hebreërs 11 het ook met tye weggebreek van die ou pad - die beste pad die
een voorop God jou en my daagliks nooi om op te stap - (Jeremia 6:16)
Mag jy opnuut besef God se genade is groot
Mag jy opnuut besef God nooi jou vandag om Sy pad te loop-
Mag jy vandag opnuut kies om die pad te loop-
Bid saam en vra die Here om deur Sy - Heilige Gees vir ons daagliks bewus te maak
van padtekens wat die duiwel verdraai-